Twee boeties, Gert en Koos het 'n sak vol lemoene by die bure se huis
gesteel en het besluit om na die naaste begrafplaas te hardloop waar hulle
dit eweredig onder mekaar sou verdeel.
Toe hulle by die groot staalhekke kom om die begrafplaas binne te gaan, val twee lemoene uit die sak en word net daar gelos.
'n Papdronk man oppad terug van die kroeg loop naas die begraafplaas verby
en hoor toe die volgende: Een vir my en een vir jou, Een vir my en een vir jou.
Hy skrik homself sommer dadelik nugter en hardloop so vinnig soos wat sy
voete hom kan dra na die naaste dominee.
"Dominee, kom saam met my om te hoor hoe God en satan lyke uitdeel in die
begrafplaas.". Hulle altwee hardloop na die begrafplaas en die stemme gaan
voort. Een vir my en een vir jou, een vir my en een vir jou!
Skielik sê die een stem.: "Nou wat van die twee by die hek?"