Leaders for lure angling

Jacques O Dell

New member
Manne

Ek het n vraag oor die beste metode om n leader te gebruik vir kunsaas hengel; dropshot, poppers, lepels ens (beide in die see, asook vir tiervis ens)

Ek praat spesifiek van fluoro leader en braid hier.

Ek was altyd onder die indruk dat die leader lank moet wees, so 4-5m, sodat as die kunsaas reg hang vir n gooi, die leader so 4 of 5 draaie om die koffiemeel maak.

Die kans vir n afbreek tydens gooi is dan baie minder omdat al die krag nie dan op die knoop tussen die leader en braid is nie. Ek het gehoor dat die krag tydens n harde gooi meer is as wanneer n vis die aas slaan, dus moet mens n lang leader gebruik.

Maar ek lees ook dat baie mense, baie suksesvol met n kort leader, 0.5-1m lank groot visse uit trek. Die voordeel hier is dat die knoop nie deur die ogies hoef te hardloop nie.

Wat is die kenners se opinies?

Ek hoor graag van julle.

(Ek het myself die week bederf met n Sensation Pro series, 9 voet 3 Piece, heavy, en n Sustain 5000 met Gosen 25lb braid. Gaan dit die week in die Congo toets op Goliath tigers...)
 

Stefan001

Senior Member
Dit hang mar af van persoon tot persoon. Ek verkies n kort leader wat nie deur die ogies gaan nie, dit verhoed dat die knoop seer kry.

Met die kort leader sit ek n quick change clip voor an wat die ruil van kunsaas makklik en vinnig maak. Dit stop ook dat die leader korter word en heeltyd herbind moet word.

Sit mar eers vir jou n lang leader an, en as hy hak, maak hom dan korter dat jy vind wat vir jou werk.
 

Simen

Sealiner
Ek dink baie die lengte van die leader wat jy gaan gebruik hang af van die grootte (gewig) van die kuns aas wat jy gaan gooi.

Indien jy ligte gewigte gooi kan jy 'n kort leader, indien jy enige groot gewigte gooi wat dalk die hooflyn kan breek gebruik 'n lang leader.
 

Carll

Senior Member
Dit hang af watter tipe stok jy gebruik. Baie hengelaars "Spin" vandag nog met 13 en 14ft stokke en groot rod guides het en die Penn tipe reels gebruik.Ek sal dan n lang leader gebruik wat om die katrol se spool draai.

Maar Spinning het het die laaste 4jaar baie verander. Die stokke is baie korter bv. die Assassin Amia wat ek gebruik en die rod guides is baie kleiner en is gemaak om braid mee te gooi.Ek gebruik bv.20lbs casting braid met n 50lbs casting braid leader wat 3 draaie om die spool gaan en dan n kort fluorocarbon van 50cm wat BUITE die oggie is want die knoop gaan die rod guides beskadig.

Lees Neilg se post oor Saltwater angeling. Hy het baie goeie wenke in sy articles. http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=10231&forum_id=25
 
Top