Leader/Leier lyn

PEETO

Senior Member
Hoe weet ek watter pond/sterkte leader ek vir seker aanwensels moet gebruik. Tans hengel ek met sewe pond lyn, watter dikte leader moet ek dan bind vir die beste resultate, wat se sterkte an ook vir 5 pond lyn aangesien ek graag wil he dat die knoop nie in die ogies vashak nie.
 
christodeb

Senior Member
Ek hengel uitsluitlik met 0.40 double x. Die beste is om die leader te "step" deur 1.5m 10lb tussen die hooflyn en die leader te sit. Dit maak dat die lyn makliker deur die ogies gaan en die 0.40 is sterk genoeg om 'n hele dag met P4's en 5's te hengel.
 
Optimus

Member
Stem met Christodeb. Verder gaan kyk na Awashima se .35. Daar praat ons nie van pond nie maar eerder kg. Ek het al met hulle .30 gehengel nl 11kg. Ek gooi dit nie sommer af nie.
 
mouse001

Senior Member
I use AWA Shima Hi Fluo .30 18lb and you can throw the whole day no sweat awa shima is super strong its actualy unbelievable.
 
AMG1

Senior Member
I normaly use the awa-shima .35 without a leader and the .20 with a 18lb xx leader for distance.
 
Mazdadrifter

New member
Hi Peeto.

Ek gebruik die 7lb Awa Shima Tournament Classic hooflyn en die 0.30 (8.3kg) Techni Perlon (Swart)lyn vir leeder.
Hengel met dit al die afgelope 3 jaar en nog nooit 'n probleem gehad nie.
Die Techni Perlon is baie sag maar kan lank en hard werk as dit moet. Ek las hom net so aan die 7lb.
 
PEETO

Senior Member
Dankie nou het ek 'n goeie idee en gaan die awa shima produk bietjie toets. Dankie aan almal se insette.
 
Naruto

Sealiner
PEETO wrote:
Wat is die verskil met of sonder jou leader?
Jou leader moet nie meer as 2 keer die lengte van jou stok wees nie. Dit absobeer die krag van die gooi. By die kliniek het Enigma gese dat n goedkoper leader lyn soms beter werk as n duurder lyn. Hopelik loer hy in om ons meer in te lig oor dit. Ek dink dit gaan maar daaroor dat die goedkoper lyn nie so baie rek nie en mens kan meer krag oorplaas in die gewig aan die punt.
 
PEETO

Senior Member
Ek was gister bietjie op die oefen uit met die leader and 5lb lyn groot verskil en die voer trek ook lekker ver, die enigste nadeel is wanneer jy vashak dat die lyn breek presies waar die leader knoop is, 5lb bietjie dun na my smaak ek mag dalk oorskakel en liewer 7lb lyn hengel met 18lb leader.

Ek hoor graag van jul.
 
Maak jou hoeklyne ook 5lbs. En moenie oorhaastig wees wanneer jy vashaak nie. Hoe net die lyn so styf as moontlik sonder dat dit breuk en 70% van die tyd sal jy jou leader en strop terug kry.  Jy sal dalk net n hoek verloor of n weight.
 
christodeb

Senior Member
Naruto wrote:

Ek sal nie aanbeveel dat jy jou hoeklyne 5lb maak nie. Die lyn is heeltemal te dun en "fragile" vir hoeklyne. Jy gaan beslis spyt wees as jy dit doen. Bly by 7lb, dit is verseker sterker en meer skuurbestand as 5lb.

Dit is sleg dat die ouens leaders agter los in die damme, maar dis eerder 'n issue wat van bo af (SAFOV) op gelos moet word deur hooflyne te beperk tot 'n minimum van  10lb. Voordat die reels nie verander word nie sal dit dom wees  om met dikker lyn as 5lb te hengel want jy gaan jouself beperk met gooi afstand.  
 
PEETO

Senior Member
Ek dink natuurlik hoeklyne baie te doen het met die wei gewoontes van visse want hul blaas op die voerbal en dan suig hul die stukkes op, dun hoeklyne veroorsaak dat jy meer vis gaan vang hoe swaarder die hoeklyn hoe kleiner kans kry jy vir 'n hook up.

Stem jul saam of het jul ander menings.
 
christodeb

Senior Member
Ek stem saam met die stelling, dis hoekom ek 7lb hengel en nie 10lb nie. Maar as jy met 5lb begin hengel gaan jy vis verloor wat hoeklyne breek.

Ek kan jou waarborg dat as jy 'n 2kg karp boeksak(een hoek in die bek en die ander een in die stert) gaan hy jou breek met 5lb. Die 7lb is net soveel sterker.
 
wykie

Senior Member
As jy se jou lyn het gebreek toe hy vas gesit, het jy jou stok gevat en agtertoe geloop of wat het jy gemaak?
 
PEETO

Senior Member
Terwyl die lyn ingekatrol het het die lyn gesnag, ek dink hul noem dit straight stik, en agtertoe geloop.
 
wykie

Senior Member
Nou probeer die, die volgende keer as dit gebeur  sit jou stok op jou stand en loop in die water in en vat die lyn en rol jou lyn so 3 keer om jou arm en dan trek jy die lyn met jou arm. Jy sal sien dit werk want dan trek jy jou lyn. As jy dit daon dan vat jy die skok weg van jou trek. As dit enigsins sin maak. Enigma het dit vir ons gewys by die laaste social en glo my maar dit werk
 
Top