lang naweek

CARP1

Sealiner
Either Tago of Kruger se plaas.

Was nog nie by een van die twee nie,so gaan gou die vrou vat om Sondag te kyk hoe dit daar lyk.

Jou planne?
 

Bruggie

Sealiner
Ek en my vrou gaan bietjie alleen weg vir n verandering!! Ons gaan Rus n Bietjie toe. Baie mense sê die plek is sleg, maar ek wil vir my self gaan kyk!!
 

Bruggie

Sealiner
Tago is n baie lekker plek om te vang!! Die vis is mooi en loop lekker!!

Babers is net so gewillig daar!! Jammer vir die spelling
 

CARP1

Sealiner
Bruggie het my nou net beduie dat daar redelike ablusie geriewe is.

Eks besig om uit te vind hoe om daar uit te kom.Sal jou laat weet sodra ek 'n antwoord het.
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek vang nou een keer 'n maand vis, ek het in die verlede genoem dat ek so ruk gelede 'n huis gekoop het wat 5 jaar leeg gestaan het.So naweke is ek volstoom aan die werk by die huis.

Ek probeer kort sessies ekstra inwerk ;) Net om die viskoors in toom te hou.
 

Noob

New member
dagse manne, ek is baie nuut met die visvang storie en wil net weet by julle kenners watse tipe tackle box met stokke,catrol en ales kan ek kry? op die oomblik gebruik ek ma wat ek geerf het,asok wa is n lekker plek om te gan vang in Pta, ek was onlangs by Roos se oord en het nie te sleg gegan vir my nie.

enige terug voer sal wardeur word
 

Unlimited

Sealiner
noob... koop vir jou die stywe lyne of die oewerhengelaar (my gunsteling), daar binne sal jy advertensies kry van combos wat jy kan koop om mee te begin. Ek sal dit aanraai.
 

Noob

New member
Unlimited ek se dankie! Kan jy dalk n lekker plek uitwys waar ek kan gaan vang oor volgende naweek?
 

Brakkanjan

Senior Member
Koop van die begin af toerusting waarmee jy gelukkig gaan wees, anders gaan jy net altyd aanhou koop. Veral jou stokke en katrolle. Moet ook nie met jou lyn of hoeke afskeep nie.

Kyk gerus in die Sealine Classifieds, dalk loop jy iets raak ;)

 

Gaan gooi lyn by Tago of Kruger-Plaas ;)
 

Louwtjie

New member
...ek kan selfs nie my lus in hou vir n visvang sessie nie...
soos ek lees se jul TAGO of KRUGER-Plaas...watse 1 van die 2 sal die beste wees om na te gaan met die lang naweek in sept?
 
Top