Ons het so 6 dammetjies hier op die estate waar ek bly en gaan vang sommer gou vir so uur of wat 'n paar kurpers. op die 6 voet stokkie met 9 pond lyn en dobbertjie en erdwurms is dit vet pret. Die kurpers het weereens goed gebroei die seisoen en is selfs my visdam vol klein kurpers vanjaar. Ek stuur 'n paar foto's.
