Krugersdrift dam

Cheetha FS

Sealiner
Henry Botes wrote:
Baie dankie jy moet my asb laat weet wanneer jy weer gaan ek gaan woensdag aand sommer net saam met die twee seuns net om bietjie weg te kom my sel no 0824502597 dankie vir jou raad ek laat weet wat gebeur het.

As jy uitgaan ry verby Krugersdrift se ingang en na so 2.5km draai jy regs op n grondpad. Dit is Soetdoring se kant en dit is baie beter pad en water om te hengel! By die ingang draai jy regs  en ry tot by amblisie blokke. dan ry jy deur die hek tot by n plaas huis waar jy links waar jy verby n windpomp ry. Die pad is relatief in die veld maar heel eenvoudig! Ry dan tot jy n eiland in die water sien. Jy ry dan tot daar n kop reg in jou pad staan. As jy groot katte wil vang moet jy beryd wees om biekie te wade en dan n stoot jy n plattie dat hy poep! As jy karp vang dan gebruik jy n degie met n floatie en doop hom in FX of Vaaldam. "beste dips in daai dam" Tigernuts tel weer grootes op in die nag!

 
 

Astrix

New member
Verlang ek nou na daardie dam, het baie daar gaan visvang, en as die karp byt gaan dit mal.  Die babers is ook baie en hulle is groot!  Weet van 'n ou wat 20kg Baber met vlieg gevang het.  Moet se so goed soos die hengel is met tye so moeilik kan daai dam ook wees, maar dis veilig wat baie punte tel
 
Top