Oom Japie is op sy gereelde besoek by die dokter en vra die dokter of daar 'n manier is waarop hy kan vasstel of sy ewe bejaarde vrou doof is, want dinge in die krimpies se huwelik is nie meer so sharp soos wat dit altyd was nie.
Die dokter gee die volgende raad: "Wel oom, as die tannie nie wil inkom vir toetse nie moet oom maar self probeer vasstel hoe doof sy eintlik is. Probeer met haar praat as oom by die huis aankom. As daar nie 'n response is nie, beweeg elke keer 'n klein bietjie nader en praat dan maar weer. Oom sal dan sien min of meer hoe doof sy is soos wat oom nader aan haar moet staan"
Daardie aand kom die oom Japie by die huis en roep van die deur af: "Gertruida, ek is terug van die dorp af. Wat is vir aandete?!"
Hy hoor geen antwoord nie en stap nog so paar tree in die huis in: "My bokkie, wat eet ons vanaand?!"
Doodstil.
Hy loop toe tot reg agter haar, vat aan haar arm en probeer weer: "Gertruida! Wat eet ons vanaand!?"
Die tannie draai vies om en skree: "Vir die derde keer, ek het verdomde wors en mash gemaak jou dowe rubbish!!!"