Toe ek laas daar was het ek in die hoek gesit waar die keerwal begin. Aangesien dit n keerwal is, is daar nie onmiddelik dieper water nie maar dis nie nodig nie 2-3m water by koppies is goud werd! Gaan sit maar by die keerwal na die spawn as daar vingerling karpies is.
Dit word n malhuis daar! Kry n klein karpie en hou vas, visse is daardie tyd ook vet gevreet en kry vir jou ekstra gewig op die skaal. Definitief dit werd om daar te gaan sit.
Baie geluk! Dit is n droom om so meneer te hak en ek wens jou nog baie meer en groter voor! Mag jy jou pa se gat skop met hengel eendag want hy is n goeie ambasadeur vir hengel! Hoe se hulle die "appel val nie ver van die boom."