Koos gooi die golfkarretjie om na 'n lang dag op d

awsum

Senior Member
Koos gooi die golfkarretjie om na 'n lang dag op die golfbaan. 'n Vrou wat daar naby speel, sien dit en hardloop nader om te help.

'Het u seer gekry meneer?' vra sy.

'Nee, net groot geskrik,' sê Koos.


'My huis is hier naby, kom saam, dan gee ek jou 'n knertsie vir die skok,' sê die vrou.

'Jong, ek weet nie so mooi nie, my vrou sal nie daarvan hou dat ek alleen na 'n ander vrou se huis gaan nie,' sê Koos.

Maar die vrou is mooi, en baie oortuigend, en hy besluit maar om saam met haar te gaan. Na 'n heerlike ete, gesels en 'n paar drankies, sê Koos dat hy nou rêrig moet gaan, want sy vrou is seker al vreeslik kwaad.

'Nou kom ek gaan saam met jou terug golfbaan toe, dan help ek jou die karretjie optel,' sê sy. 'En moenie bekommerd wees nie, jou vrou weet mos nie waar jy was en wat jy gedoen het nie. Waar is jou vrou in elk geval?' vra sy.

'Onder die golfkarretjie,' sê Koos.
 
Top