Jy wil iets wat op die oppervlakte van die water spartel simuleer. As jy dus op dieselfde plek plons hoor/voel die baber die geraas, zoom in daarop en kom haal die klein voeltjie wat sukkel om uit te kom.
Alle damme is nie dieslfde nie, die babers se temperamente veskil van dam tot dam - sommige damme se babers is skrikkerig en jy moet saggies en versigtig plons, ander damme kan jy maar wild aangaan en hulle word dan eers opgewonde.
Somtyds kom ondersoek die babar die plons, maar wil nie op na die oppervlakte gaan nie, dan moet jy so elke 3e/4e plons die loodkoppie laat sak, in ander damme is hulle blitsig op die oppervlak, dan wil jy 'n loodkop gebruik wat amper dryf.
Met bietjie oefening leer mens gou die tegniek en aanvoeling van wat werk die beste. Op 'warm' damme kan jy baber na baber na baber vang, daar is nie 'n meer prduktiewe manier van baber vang nie. Ek het al so 50 babers in 2 ure gevang op Bloemhof, tussen 6 en 18kg.