Dankie, Fanie! Hulle is een groot plesier = al die lekker dinge - die minder aangename tye.
Net jammer ons kom so min by die see uit, al is dit net 150km Struisbaai toe of 150km Kleinmond toe of 170km Kaapstad toe.
Hulle het omtrent in hulle baadjies groot geword langs die swembad!
Boeta help altyd boot "was", hy spuit maar meer homself en die sleepwa en maak darem sy ouma se gras nat in die proses. Hy sny net vinnig 'n lyn as hy sien die masjiene gaan gespoel word. Sussie is mal oor vis - veral lief vir snoek en selfs van haar pa se sardyntjie op roosterbrood ontbyt.
Hulle het al elkeen 3 vistokke, een korte vir die klipvissies, een lekker een vir harders vang in die hawe en elkeen het 'n oulike bootstok by oorle oupa geerf. Hulle was toe drie maande oud en 'n week voor my pa dood is, het hy vir my en my twee broers (hulle het toe nog nie kinders gehad nie) gesê dat daardie twee stokke na die tweeling toe gaan, nadat hy daardie dag nog self daarmee gevang het.