Katrol advies

die spook

Senior Member
Hallou volk

Eks lus om myself bietjie te bederf met n klein koffiemalertjie van grootte 2500-3000.

Ek het Google gaan raadpleeg en afgekom op die Daiwa Ninja 2500, Daiwa Laguna 2500, Shimano Sedona 3000 asook die Shimano Sahara 3000.

Watter een van bogenoemde dink julle sal die beste werk om n lekker rivier leerie of elf bloedneus te slaan?

Groete

Spook
 
Hi there Die Spook.

I would advise the shimano sahara as the best of the above
listed reels. The Shimano sedona would be A close second as they are very similar reels.
Hope this helps,
 

JeandlH

New member
Defnitief een van die Shimano's. Spandeer daai bietjie ekstra en kry die Sahara. Maar daar is absoluut niks fout met die goedkoper shimano's nie, ek vang nou al 3 jaar met my Shimano Sienna 4000 en 2500 en hulle word gereeld in die surf en riviere gebruik en word elke nou en dan gesplash met sout water.
 

Houtarm

Moderator
Ek het die Laguna en Sedona albei in 2500 grootte, verkies die Sedona by ver bo die Laguna. Baie lekker klein katrolletjie.
 

willem wikkel spies

Moderator
Staff member
op n 7 voet stok dink ek nie jy hoef te worry oor n high end reel nie.

jy gooi nie 150 meter nie so line lay gaan nie so groot issue wees nie.

exage 2500 sal lekker werk
 

JeandlH

New member
Ek stem nie heeltemal saam nie, ek dink dit is juis met ligte setups baie belangrik dat jou line lay perfek is. Veral wanneer jy bv met 8lb braid gaan vang en heeldag lures gooi. Die stok se guide layout speel natuurlik 'n baie groter rol in windknots, maar line lay is ook een van die groot culprits.
 

DJP

Sealiner
Spook waar gaan jy meestal hengel?
Dit maak nogal verskil water groote katrol en braid jy gaan benodig. As daar grooterige leeries is soos by Witsand sou ek eerder met 3000 groote gaan maar vir die res sal 2500 fine wees. Ek hengel in Strand met 1000 en 5lb fireline vir elwe, maar as leerie of geelbek op tel is dit maar meestal hartseer saak, so daar is definitief 'n ding soos te lig.

Dit gaan mos maar altyd oor budget... veral as mens in ag neem dat daar drie duur komponente hier is, katrol, stok en braid. Ek persoonlik sou geld spaar op die stok en meeste aan katrol and braid spandeer. Mens kan goeie grafiet stokkies kry vir R500, kyk maar na die Assassin reeks, ek het drie Assassin Slayer stokkies wat baie goeie waarde vir geld is. Hulle gaan ook goed saam met 3000 groote katrol.

Met die katrolle sou ek se koop die best Shimano wat jy kan bekostig, klein katrolletjies se parte werk ekstra hard veral met kunsaas hengel waar jy baie gaan gooi en met ligte braid hengel wil mens 'n goeie rem stelsel hê veral as die groote vat.

Ander goed wat 'n moet is is tackle protector, maak seker jy hou die katrol en stok skoon. Die stokkies se ogies pak maar vinnig aan en as jy 8 of 10lb braid gooi maak growe ogies vinnig skade. 12lb flouro carbon vir 'n kort 50cm voorslag, dit help baie met aksie van kunsaas en verhoed dat hoekies om braid knoop wanneer jy kunsaas gebruik, dit knoop ook baie makliker en spaar jou braid.
 

die spook

Senior Member
Hi DJP

Dankie vir jou post.

Ek spin hoofsaaklik in die Suidkaap en op Witsand, maar maak ook so een of twee keer n jaar n draai by Velddrif en die Strand.

Ek gebruik n 7ft2 stokkie wat tot 1.75 onse kan gooi en ook oedentlike visse kan trek. Dan is my grunter combo n 8ft stok en Shimano Sienna 4000 waarmee ek al mooi vis geland het.

Ek dink die nuwe 3000 Shimano katrolletjies is min of meer dieselfde grootte as die 2500's, maar vat meer lyn. Ek beplan om Boss of Grinder vleglyn op katrolletjie te sit.

Groete
 

DJP

Sealiner
Lekker Spook, klink my eindlik dat jy uitgesorteer is, mens kort mos altyd daai tussen in stokkies.

Ek hoop jou volgende koopie is 'n ultra ligte gerei... baie pret met rivier elwe!
 

die spook

Senior Member
DJP hoe gereeld kry jy elf in die strand? Jy hengel seker die riwwe of hoe? Ek het paar jaar terug klein elfies daar gekry op lepel agter die swembad, asook baba leeries voor die Ocean Basket. Babas soos in 15cm-20cm. Ek onthou daar het nog n couple loop en fotos neem en hulle het gaan stil staan om te lag vir my klein vissies waaroor ek so opgewonde was.
 

DJP

Sealiner
In die somer is daar altyd elwe in die Strand, mens kan maar vir hulle gooi sodra die seisoen oop maak. Ja ek hengel net die riwwe, maar hulle kom tot teen die kant op hoog water veral rondom spring. Hulle is gewoonlik meer volop in Januarie tot Maart/April. Mens kan heeldag daar spin maar beste tyd is maar uur voor en na sonsak. Leeries is ook daar maar die ouens wat die kief nette stel het hulle al amper uit geroei, dis een van redes hoekom mens meestal net kleintjies daar kry. Kobbies vat ook kunsaas daar, klein chartrues en wit paddle tails.
 

DJP

Sealiner
Pylstert wrote:
nette in die Strand?? Agnee wat volgende

Jip dit kom al 'n lang tyd aan, tussen die hondhaai slagters, netsteekers en algemene besoedeling daar is dit maar hartzeer storie.

Spook laat weet ons op water gerei jy besluit het!
 

die spook

Senior Member
Hi almal

Ek het toe besluit op n Okuma Azores 40. Hys Klein genoeg vir n 7-8ft stokkie en ook groot genoeg vir my 10ft stok. Ek beoog om die elwe n behoorlike pakslae te gee.

Dankie
 
Top