karp & muddys

eenklip

New member
Ek gaan bietjie rivier hengel die naweek en wonder met die koue of mens muddys sal vang of nie? en dan wat se aas vir karp:fishn
 

Jafta1

Senior Member
'n Goeie voerplek nie te ver van die oewer af sal die muddies nog steeds lok. Gebruik chic-chic wat gekook is of sommer mielierys. Gou so bietjie rou mielierys ook by want dit hou die vis langer op die voerplek. Vir karp is die normale mieliepit met degie asook 'n floatie met 'n degie ook 'n wenner. Vir groter karp werk kaboem mielies, tigernuts en boilies op 'n hair rig ook baie goed. Sterkte en laat weet maar of die vangste goed was.
 
Top