Klink of die skerptand baber dit maar lang tand gevat het...Ek het nog net 1 baber op fillet gevang en hy het so traag gevat ek dink nie hy was regtig lus daarvoor nie.
Maar jy is reg, babers is nie lief vir die vleis gedeelte nie. Hulles sal eerder die kop en derms vat, baie meer geurig.
Skuimkop se foto hier bo wat so skuins afgesny is sal baie goed werk. Al die derms is steeds daar met min vleis. Ek sal net 'n paar gate deur die derms druk sodat hy kan le en rook in die water. Jy kan wel die kop so bietjie sag maak, veral as dit 'n groterige kop is.
Ek het dit al voorheen gese en ek se dit nou weer. Klein hoender kuikens, soos die dagoud kuikens werk uitsonderlik goed vir babers, hy los hom nie. As ek nou 'n pap swaaier :-D was dan is dit waarmee ek die babers sou gaan aantree het.
Kunsaas is soveel makliker...