karp fillet

Fanie

Sealiner
Ek het nog net 1 baber op fillet gevang en hy het so traag gevat ek dink nie hy was regtig lus daarvoor nie.
Klink of die skerptand baber dit maar lang tand gevat het...

Maar jy is reg, babers is nie lief vir die vleis gedeelte nie. Hulles sal eerder die kop en derms vat, baie meer geurig.

Skuimkop se foto hier bo wat so skuins afgesny is sal baie goed werk. Al die derms is steeds daar met min vleis. Ek sal net 'n paar gate deur die derms druk sodat hy kan le en rook in die water. Jy kan wel die kop so bietjie sag maak, veral as dit 'n groterige kop is.

Ek het dit al voorheen gese en ek se dit nou weer. Klein hoender kuikens, soos die dagoud kuikens werk uitsonderlik goed vir babers, hy los hom nie. As ek nou 'n pap swaaier :-D was dan is dit waarmee ek die babers sou gaan aantree het.

Kunsaas is soveel makliker...
 

Fanie

Sealiner
ek gooi met niks kleiner as n 7/0 hoek nie, en as ek karpkoppe gooi gaan ek op tot n 10/0

Mens kan waarskynlik enige grootte hoek gebruik, die probleem met groot hoeke is altyd dat jy baie trekkrag nodig het om die hoek te laat behoorlik haak, veral in die harder gedeeltes van die bek. Kleiner hoeke set net makliker. Daar moet natuurlik 'n bietjie verhouding tussen die hoek se grootte en die lyn wees, 10lb lyn met so 'n ma se hoek gaan nie werk nie en die 27 hoekie met 80lb lyn is net so laf.

Dit gaan nie juis oor hoe wyd die hoek is nie, daai vel is ongelooflik taai. Ek het al 'n 19kg baber aan so 'n dun velletjie aan sy lip uitgebring.

Hoe laat ry ons !!!!!??????? Ek kan nou nie meer wag nie.
 

Fanie

Sealiner
Moet nie van die Vaalsisteem vergeet nie, daar is monsers daar ook

Nee wat. Die sluise keer die grotes om uit die vaaldam te spoel en die kleintjies is eers groot teen die tyd wat hulle in bloemhof uitspoel :-D

Ek probeer maar die vaalrivier vermy. Dis bietjie van 'n surkus daar.
 

Skuimkop

Sealiner
ek dink daar moet n ordentlike sealine baber jagtrippie gedoen word... bloemhof of oranje toe...
Oooo ek is so in maar ek dink Bloemhof sal seker die venue moet wees want soos ek die storie check sal daar baie ouens wees wat dit gaan wil mee maak.

Anyway wanneer ry ons, my voete is al klaar op die dash. ::S 
 

Brakkanjan

Senior Member
Fanie, ek is al meer as een keer in die Rivier gebreek, oorweeg dit selfs om my Magnums te spoel met braid, noggie groot babers in Vaaldam gevang nie ;)
 

Fanie

Sealiner
Brakkenjan, ek hengel met swaar lyn, om twee redes.

1 - Dis nie lekker as die hoek in die baber se bek bly as die lyn breek nie,
en
2 - Jy gaan verseker daai een in 'n leeftyd se massiewe baber verloor
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek het op my Magnums 20 LBS Awa Shima Mainline met 'n Suffix .55mm Leader.

Dag ek haak 'n boomstomp en dat my stok gaan breek. Snorre verander eweskielik die rigting en swem oewer toe.

Met die one to one ratio kry ek nie vinnig genoeg gekatrol nie, toe verander die baber weer rigting eweskielik en swem weg, toe klap daai leader (Was nie op die knoop nie).

Dis hoekom ek braid oorweeg want dit sou verseker my PB gewees het ;)
 

Fanie

Sealiner
20lb ? Dis vir karp in die oop water.

Gaan kry vir jou 120lb braid of dacron, dacron is beter dit sny nie so maklik in bome in nie. Ons vang die babers tussen die bome, as jy nie hardhandig met hom werk nie maak jy jou naam kimberly.

As jy van die oewer af hengel sal braid beter wees.

Jy moet natuurlik die katrol se drag reg stel ook ne'.
 

Brakkanjan

Senior Member
Oorweeg om my Daiwa Opus Bull katrol te spoel met braid, dan is hy sommer reg vir die see ook. Miskien moet ek die multiplier gebruik, oorweeg nog my opsies ;)

Ek sien Awa Shima het 'n .50mm Catfish mono uit ;)
 

Attachments

  • mono_29.jpg
    mono_29.jpg
    30.8 KB · Views: 84

Marthin

Sealiner
ek is op .45 afgebreek soos gare onder n brug in die vaal...

Seestok, shimano speedmaster... maar omdat die brug sie pilare en so aan en n eiland reg voor jou is moet jy hou wat jy het.... ons is 3 keer afgebreek in onder 20 minute...
 

Marthin

Sealiner
nee skandinawie drif naby viljoenskroon dink ek... ry van orkney af....

Ons gaan elke keer soentoe as ek vir my ouers in Klerksdorp gaan kuier. Daar is MENEER babers in daai spot as die watervlakke reg is, en mooi kleinbek geelvis aan die een kant in die stroomversnellings, en n MASE grootbek gele het my pa opgetel aan n plastiekvissie...

Lekker plek as die hiasinte nie pla nie...
 

Fanie

Sealiner
Hier's hoe jy voel hoe voel 'n groot baber.

'n Steen weeg so 3kg. Bind 6 stene aanmekaar en staan met jou stok op die huis se dak. Stoot die stene met jou voet af sodat hulle val. Moenie saam af voeter nie.

Dis hoe 'n groot baber op kunsaas voel as hy jou vat.

Bring hom nou in... :-D
 
Top