Karp dipstok vir kajak

Ugly Stik

New member
Ek het onlangs my afblaasboot verkoop en vir my 'n hengelkajak aangeskaf. Ek vang meeste van die tyd swartbaars, maar na aanleiding van Bernard se reeks artikels oor kunsaas in die Stywe Lyne wil ek 'n bietjie meer moeite doen om ander spesies op kunsaas aan te keer.

Die baber roepstok wat Blue Marlin vir kajakke maak is maar 6' lank. Maak dit dan sin dat mens ook 'n korter dipstok vir Karp van die kajak af sal gebruik? Ek het 'n 9' Berkley Air 'casting' stok wat vir my baie lus lyk vir die taak. Sal hy werk?
 

Otto

Senior Member
Bernard se forum naam hier op Sealine is Droomvanger. Hy verkoop ook toerusting en jy kan hom gerus n PM stuur. Ek het onlangs begin kunsaas hengel en dis baie interresant, wat ek gou geleer het is die stok moet so lig in gewig wees as moontlik en dat daar n verskillende stok is vir elke spesie, as jy die vis sien moet jy onmiddelik die regte stok gryp om die vis aan te keer.
 

Zoompoep

New member
Gebruik n karp gooi stok? Het n kayak op harties gekry hy gebruik sy vliegstok met loodkop hyt jare se sport gehaat met daai karps.
 

Droomvanger

Senior Member
Daar is 'n tussenlengte  weeergawe van die baberroepstok -so 9vt Intermediate. Het dieselfde backbone as die groot Big Shot van 13vt, maar korter. Werk lekker as jy tussen struktuur soos bome of riete hengel. Is ligter as die Big Shot as jy baie roep, soos by Bloemhof - spaar dit die arms.
Otto is reg - elke vis het maar sy eie tipe stok.
 

Ugly Stik

New member
Aggenee julle, hoe meer ek lees, hoe meer deurmekaar raak ek. Julle moet ook onthou ek hengel van 'n kajak af - daar is nie plek vir so baie stokke nie, so party spesies gaan maar moet deel. Ek het gedink Kerriebekke, makriele en kurpers met 'n 6' mediumaksie stok en 'n toebek katrolletjie. Babers, swartbaars, roofkurpers en tiervis, as die geleentheid hom voordoen, moet 'n mediumswaar stok en baitcaster katrol deel. Ek sal 'n #6 vliegstok vir forel, rooineus moddervis en geelvis gebruik. Ek is nou jammer ek het nie vroeer geweet van die 9' roepstok nie, ek het 'n 6' een gekoop. Die 9 sou defnitief beter wees. Ek gaan my 9' Berkley stok probeer vir 'n karp dipstok.
 

Droomvanger

Senior Member
Ek dink jy is min of meer uitgesort. Die terugvoer wat ek kry vir die kajak roepstok is baie positief. Jy kan die kajak roepstok ook as gooistok gebruik.
 
Top