Jis manne ,het darem al 5 Weskus Gallies gesien hi

Weskus Wurm

New member
Jis manne ,het darem al 5 Weskus Gallies gesien hierdie seisoen .....net 2 was size.

Dinsdag aand na werk gou by my "plat" water gaatjie n gooi gaan maak ,see was effe te sterk ,maar teen 19:30 was my aandete in die oond!

Verlede seisoen in een naweek 13 in hierdie gat gevang ,Saterdag 8 waarvan 2 huistoe kon gaan (40cm +) en sondag 5 waavan net 1 (38cm) kon saamry.

So moet nie moed opgee indien jy Noord van Yzerfontein hengel vir galjoen nie ,hier is n paar mooi gate ,en wanneer ek tyd het sal ek so bietjie meer fotos met inligting post.

Wie almal hengel gereeld die kant van die wereld?
 
Attachments

  • VAS.JPG
    VAS.JPG
    40 KB · Views: 1,528
Weskus Wurm wrote:

Weskus Wurm, daai lyk darem na 'n lekker spot vir galjoen....en bye the way, hou dit maar vir jouself, dis nou as jy nie omgee as daar 10-20 manne daai spot beset nie....

::tight:::tight:::tight:::tight:

Weskus Wurm

New member
Hulle sal net een of twee keer stap ou pellie dan gou gooi die manne tou op!
hysterical.gif

n ou moet ongelukkig die plekke maar goed ken ,die gat is 90% vol klein bamboes en as ek se vol bedoel ek propvol ,nie eers plek vir vis nie ha ha!

Kan hom maar min hengel ,maar as die weer reg is is hy reg ,soos met meeste van die plekke hier.....vandag oop oormore weer toe soos n klei-os se g*t.
5wink.gif
 
Weskus Wurm

New member
Almal het sulke prag foto’s so moes dit wys ,ek is darem bereid om maar so plekkie hier en daar te wys vir die manne wat nogsteeds glo hier is maar min galjoene diekant van die wereld.Hier is baie net nie baie groot nie ,het reeds begin werk maak om n tag kit in die hande te kry vir al die jong vis hier.

Gaan paasnaweek af Jongensfontein toe weet julle of hulle daar Maanskyn wurm met sukses gebruik?Ek persoonlik glo maar aan my witmossel……
 
Weskus Wurm

New member
Dip stok pellie dip stok....amper

***Galjoen*** wrote:
Weskus Wurm wrote:
Jis manne ,het darem al 5 Weskus Gallies gesien hierdie seisoen .....net 2 was size.

Dinsdag aand na werk gou by my "plat" water gaatjie n gooi gaan maak ,see was effe te sterk ,maar teen 19:30 was my aandete in die oond!

Verlede seisoen in een naweek 13 in hierdie gat gevang ,Saterdag 8 waarvan 2 huistoe kon gaan (40cm +) en sondag 5 waavan net 1 (38cm) kon saamry.

So moet nie moed opgee indien jy Noord van Yzerfontein hengel vir galjoen nie ,hier is n paar mooi gate ,en wanneer ek tyd het sal ek so bietjie meer fotos met inligting post.

Wie almal hengel gereeld die kant van die wereld?

Weskus Wurm, daai lyk darem na 'n lekker spot vir galjoen....en bye the way, hou dit maar vir jouself, dis nou as jy nie omgee as daar 10-20 manne daai spot beset nie....

::tight:::tight:::tight:::tight:

1309sg

Senior Member
Jis Weskus Wurm. Vang ook gereeld aan Weskus, maar nie so ge-oefen met galjoene nie. Het verlede jaar 'n paar baie mooi gallies uitgetrek aan die Weskus ook. Mens moet maar die plekkies fyn uitkyk! Ek is in Jacobs oor naweke, miskien moet ons 'n slag 'n gooi gaan maak. PM as jy lus is. Hierdie naweek is uit, maar miskien volgende naweek
 
WAJ

Senior Member
Hi Weskus Wurm

Ek kom so nou en dan daar in Vredenburg, my ouers bly daar. Ek bly hier bo in Kathu. As ek daar is gaan probeer ons maar altyd vir hotties da agter by trekos, maar dees dae is hulle so skaars, jy moet my sê hoe om by daai gat uit te kom, ver stap is nie n probleem nie, n ou sal enige iets doen om net n gallie in die hande te kry. As ek ek weer gaan sal ek jou PM.

Groete
 
stinkmossel

Sealiner
lekker post wurm. Klink my j waardeer ook d gallies en kyk mooi na hulle. Nou wag ons net vir n storm om hulle regtig wild te maak! Groete
Réan
 
jaccil

Senior Member
Bietjie van 'n ou post, het hom nie gesien nie - dit was bietjie van 'n slegte tyd vir my in Engeland. Dink ek ken die gat in die foto. Laas wat ek daar was, het daar 'n redelike groot stuk glasvesel in die form van 'n kruis aan die padjie se kant van die klip gestaan as baken. Daai gat vreet sinkers.

Hier's nog 'n gatjie nie ver van daar nie, aan die anderkant van die vlei...

Hottie%201.JPG

Dis nou wel 'n hottentot en nie 'n galjoen nie, maar ons het opgepak en gery 'n uur na die foto geneem is, net soos die water begin regmaak het vir die galjoene - baie spyt ek kon nie langer bly nie.

Daar is nog baie hottentot, jy moet ook maar net weet waar en wanneer om te gooi. Hulle is soms bietjie skaam om aan die mossel te byt in stil. skoon water, maar gooi 'n stukkie kreef en wees reg sodra die sinker bodem tref.

Vat maar wonderwurm saam as jy galjoen wil soek in die omgewing.
 
Exavier

Senior Member
Ai manne.. Ek si al so lus vir 'n vars vis. Hie kry jy net I&J en so nou en dan 'n pap snoek.
Stywe lyne
 
WAJ

Senior Member
Hi Jaccil

As ek die bamboesse so in die agterkant bekyk lyk dit soos perlemoen vlei se kant, op n tyd toe ek nog jong lat was, was die water vervuil met hotties om daai gate en die hele trekos maar dees dae is hulle bitter skaars.
 
Weskus Wurm

New member
Jis manne ,kry darem nog die posts!he he.

Ek gooi hier rond maar altyd met n 13kg+ en 0.35+ dikte lyn ,party plekke gebruik ek n lekker dik leader om so oor al die swartmossel bankies te kom.Moet se verloor baie min tackle...seker geluk wat aan my kant is.

Die visse byt lekker ,nog maar baie jong vis en natuurlik het die die manne weer die naweek met die nette gesteel so vir n week of wat soek ek maar ander gooiplek.
 
Marthin

Sealiner
ek vind dat meeste plekkies aan die weskus is gooie van 30m max... die wat ek al van gehoor het en waar ek al gevang het.
 
Jmax

New member
Geluk man... Die groottes kom. Ek vang ook maar net undersized sover... Tussen 28 -34cm... Stywe lyne!
 
Top