jet ski vriende gesoek

jetski

New member
Hi aan almal

Ek's ook nuut met die jet ski visvangery en wil graag hoor of daar enige ander jet ski ouens gaan wees oor Desember in die Mosselbaai omgewing.  Ek is in die Dias strand omgewing en het gehoor die ouens launch by die boot klub, maar jy moet 'n lid van die klub wees.  Die ander probleem wat ek hoor, is dat daar baie haaie is. Graag sal ek wil weet of 'n haai 'n man van so 'n ski sal kan afhaal.

Het ook gehoor van vis wat hulle in die baai vang - seker nie baie groot nie....

As daar enige persoon is wat my dalk inligting of advies kan gee, sal ek dit baie waardeer. Nog beter, as daar van die Mosselbaai se mense my kan help met kontak nommers of inligting waarvan ek moet weet, help asb.

Ek wil nie graag alleen op die see uitgaan nie, kontak my asb as jy ook daar gaan wees!
 

kitefisher

Sealiner
Jetski

Ek is seker die manne sal jou binnnekort inligting gee,intussen moet ek jou komplimenteer met jou verstandige benadering tot die sport,veral die laaste reel maak baie sin,hoop jy kom gou reg.

Welkom by Sealine
 

Tergniet

New member
Hi daar.Ek is elke jaar oor Desember in Mosselbaai.Ek het 20Nov al deurgekom.Ek vang elke jaar hier met my jetski asook my swaer(kom die 20 Dec).

Ek weet nou al waar om hier te vang(trol en bottoms) my probleem is ek is seker die uselesste visserman ooit maar geniet nogsteeds die challange om niks te vang nie :eek:).Dit sal lekker wees om jou saam ons te vat.

Hier is baie haaie en jy gaan n klomp van hulle sien op jou jetski maar het nog nie enige voorvalle gehad nie(touch wood).Die enigste vis wat jy hier vang trolling is maar bonnies en shad.Die bonnies gaan juis nou enige tyd hul verskyning begin maak.Bottoms maar Kabbeljou,red romans,Musselcrackers ens meestal tussen Hartenbos mond tot net verby Tergniet.Daar is heelwat riwwe.

Laat weet as jy belangstel om te ontmoet en jy hoef nie by die boot club te launch nie aangesien die Munissipale jetty net voor die club is en jy n permit vir die hele Desember kan koop kan nie onthou wat dit kos nie

Dankie Riaan
 

jetski

New member
mosselbaai visvang;

eerstens; baie dankie vir die terug voer jy sal nie glo hoe ek uitsien na die vis vangery nie,ek het nou maar eers 3 weke my ski so op die see was ek nog nooit nie maar is bereid om vinnig te leer ,ek sal beslis - beslis saam julle wil rond gaan op soek na die vis ,moonlik of laat ek se ,ons sal defenitief vis kry

stuur my jou nommer asb, dan kan ons solank al n bietjie gesels

my nr 0824162754

groete johann
 

Tergniet

New member
Great.Watter maak jetski het jy.As jy hom nou eers 3 weke het,kan ek jou nou met alle eerlikheid se dat jy 3 weke terug een van jou beste kopies gemaak het dis groot pret veral op die see.As jy eers op die see was voel die dam n bietjie van tyd mors behalwe as jy pret goed doen soos tubes trek ens.

As jy wil kan ons dalk al volgende week uitgaan(as jy al hier is) voor die groot rush kom.Die hawe is nog lekker stil en ons moet dalk die 1ste keer net gebruik om rond te ry sodat ek jou al die spots wys wat ek ken en jy die golwe ens gewoond raak.

Ek sal jou net na 10 bel.

Dankie Riaan

 
 

DEFENDER

Member
HALLO
EK HET NIE N JET SKI NOG NIE STEL BAIE BELANG OM EEN TE KOOP EN OOK SEE VIS TE VANG GAAN GEREELD SAAM MET ANDER MENSE MET SKI BOOT UIT SO RAAK NIE SEE SIEK NIE.
MY VRAAG IS EGTER AAN JULLE HOE GROOT MOET DIE SKI SE MOTOR WEES HIER IS BAIE VERSKILLENDE SIZES EN NAME BV BLASTER 1 EN 2 EN WAVEBLASTER ENS MOTOR SIZE.
HOE VEILIG IS DIT OP DIE SKI IN DIE SEE. SOOS JETSKI MEMBER SE MOSSELBAAI HET BAIE HAAIE.
HELP ASB.
 

jetski

New member
hi defender -

Bly om te sien jy's ook op soek na daardie grotes in die blou water. Ek self is nog nuut in die jet ski visvang, maar met geluk het ek darem 'n klompie vis gevang in Mosselbaai, Dana, Gourits en sover as Heroldsbaai area. Ek het juis vrydag die 1ste teruggekom vanaf Dias in Mosselbaai. Dit was great om ook in hulle kabeljou derby te kon deelneem - nou nie vreeslik goed gevaar nie maar mens leer baie in so 'n kompetisie. Sou net meer skis wou sien, dit was net ek, tergniet (ook op die forum) en sy swaer wat deelgeneem het. Hulle altwee ry Yamaha fx160 hi output ski's en ek het 'n Yamaha fx140.  Die verskil is die grote enjin - die fx140 is 'n 1100cc en die fx160 is 1400cc, die grootte en lengte is dieselfde.  Die fx160 het baie meer krag en spoed.  Die fx140 het meer as genoeg spoed en krag maar sy uitstaande punt is dat hy baie baie baie ligter op petrol is. Daar was van die ander manne wat nie saam my vanaf Mosselbaai na Gourits kon gaan as gevolg van hulle petrolverbruik nie,waar ek met gemak nog rond kon trol vir roof vis.

Ek kan nie van die ander ski's praat nie, ek glo almal is gelukkig met hul spesifieke ski's. Ek het die heeltyd die forum gevolg oor wat die ouens sê en skryf, maar ek het besluit op Yamaha omdat hy soos 'n Toyota is - hy laat jou nooit in die steek nie en parte is orals beskikbaar. Wat ek hoor is dat hulle dienste ook nie so buitensporig duur is nie.  Ek glo met 'n Yamaha kan jy van die see af enige yamaha boot plek bel en hulle sal jou presies kan se wat jy moet doen om jou te help. Kontak gerus vir Ratetech in Durban by 031 7012945 en praat met Jaden, hy sal jou die beste raad kan. Hulle rig ook jou ski in vir visvang en glo my alles werk 100% op die water. Ek sal later 'n paar foto's stuur van hoe my ski lyk en ook so 'n bietjie van die visse. Jy's welkom my te kontak vir enige ander vrae

johann 0824162754
 
Top