Jag Hottentots Vis

Veldskoen

Member
Middag Almal

Kan enige iemand vir my asb raad gee ivm met die skiet van Hotnotstvis hier aan die Weskus? Jacobsbaai/Saldanha omgewing.

Waar is die beste om vir hulle te soek? Watter gedeelte van die bamboes gebruik die vis vir skuiling? Diepte ens?

Sal jy julle kry sodra jy onder is, of sal dit nodig wees om so tydjie daar rond te hang?

Ek was vandag hier by Jacobsbaai af op `n diepte van 4m, met so 4-5m Viz, maar niks gekry nie. Darm `n ou skaamhaai gesien, tel dam seker as die eerste haai...

Dankie by voorbaat.

GRoetnis
Veldskoen
 

braailegend

Senior Member
Jis, Ek het baie hotties gekry in Jacobs baai toe ek nog daar gebly het. Daar is 'n plek, genaamd "blou drom" een van die pakeer areas teen 'n baai met 'n baie prominente blou vullisblik. Dan ook die strandjie, langs die bamboes lyn op duik, maar nog nie veel daar gekry.

Beste plek wat ek wel geskiet het was in die Militere Akedemie, In die nature reserve. Vannaf "captain's cabin" so sement bunker of uitkyk punt. Sal nou foto op laai. Daar het gereeld hotties oor 2.5kg uitgekom.
 

braailegend

Senior Member
Die ouens voor die main hek gewoonlik deur die slaap, so om in tekom gewoonlik maklik. Goeie idee is net om die bokkie wagter te laat weet wat die reserve run, want kreef mag nie geduik word indien mens nie spesiale lisensie het nie. So mens kan verdag voorkom as mens gaan duik en dan wag die MP's of wie ook al mens in... en lang verduideliking.
 

Attachments

  • cc.jpg
    cc.jpg
    34.2 KB · Views: 230

Veldskoen

Member
Braailegend

Dankie vir die terugvoer. Sal bietjie die plekke probeer, hoop net die water kom weer skoon.

Kom ons se ek is nou in die water en moet die vis soek....waar kyk `n man vir hulle? Is die vis tussen die bamboem weggesteek, effens onder of swem hulle sommer in die ooptte?  Dis klink na `n dom vraag, maar op die oomblik duik ek af en kyk rond en sien niks.

Dankie.
 

braailegend

Senior Member
Oop kolle, langs die bamboes lyn ( waar bamboes stop) en onder groot klip "overhangs" Ek kies gewoonlik 'n spot en dan bly ek dood stil lê. Die kleintjies sal begin uitkom, en dan sal die grootes agterna swem, gewoonlik die 500g-1kg klas. Die GROOTES sal mens in die gate kry, en hul skrik vinnig, so mens moet hul betrap. Daar is 'n rede hoekom hul so groot geword het.
 

Veldskoen

Member
Dankie, ja dit help baie! Nou kan ek dam na iets werk. Ek swem bietjie te veel rond ook as ek so na jou luister! Dink die vis sit en lag vir die duiker so tussen die bamboes!

Bietjie my asem oefen dat ek langer stil kan wees op een plek vir menige malle, anders sal ek nie vorder nie...

Sal seker die water van 5m+ moet aandurf ook....
 

braailegend

Senior Member
Dit was my eerste fout ook die baie rond spartel en swem tussen die bamboes. Sodra mens dit stadig begin doen sien mens baie visse.
 

Veldskoen

Member
More BL

Ja die spartel sal ook net die langtande lok....::Swatse haaie kan mens verwag so in die bamboes areas asb? Jy het seker in jou tyd hier so paar gesien...
 

braailegend

Senior Member
Nee wat, het nie in die weskus enige nog sover gesien. behalwe die klein bamboes haaitjies. Enig iets groter kom gewoonlik nie in die bamboes in nie. Daar mag dalk koei en vaal haaie dieper wees. Enigste plek wat ek nog gehoor het van iets groot was in elands baai.
 
Top