Island Shores Vaal Dam

Martinva

New member
More Almal !

Ek was nog nooit by Island Shores gewees nie en soos jul weet is daar 'n kompetisie die einde van die maand.

 

Enige raad ? Waar om te staan, waar is die dieper water, hoe lyk die hakplek......

 

Enige advies is baie welkom !!

 
 

Naruto

Sealiner
Probeer n plek kry regs van die T-aansluiting waar die bome is. Glo nie jy sal te ver hoef te gooi nie want dit is baie diep daar. Soet degie op een hoek, Bunspice floatie op die ander. Looti en Perdeby op die bol.

Ander geyre wat die laaste tyd lekker werk by die Vaal is Ebony, Caramel.
 

Martinva

New member
Baie dankie ! Ek sal verseker als probeer wat jy nou vir my genoem het. Jyt nie dalk 'n "uitleg" van die dam nie ?

As jy se dis redelik diep, gaan dit nodig wees vir aasbootjie ? Hoe belangrik is dit om voermaak plekkie te maak ?

Jammer al die vrae
 
Top