Ironise lang naweek

theron`s

New member
Na n paar invites van die hand gewys is,die afgelope naweek om by koppies en vaal dam te gaan vis vang saam met n paar forum manne-weens die reen wat voorspel is het ons maar besluit om kruger wildtuin toe te gaan,met die denke dat dit warm daar is en nie sal reen nie


Nodeloos en ironies genoeg,het dit toe nie gereen nie,maar het nogsteeds met n reedelike verkoue terug gekom 







Nou het die tyd aangebreek om op te gear en gereed te maak vir my grootste visvang ekspedisie ooit

Sandveld bloemhof-paas naweek kom ek

Het enige imand enige idees,tips of raad,was nog nooit daar nie.




 

Skuimkop

Sealiner
Vat daai aasbootjie op jou avatar saam, hahaha. Wat ek laas jaar van Bloemhof gesien het hou die Karps van mielies as pre bait/lok en so paar freebees tigernut en dan target jy die grootes met tigers op die hair. Jy ken die voorberei prosese van bogenoemde neem ek aan.

Vir babers moenie speel met klein ase nie, jy is by 'n uitstekende venue om GROOT babers te vang en dan te verstaan hoekom ek so mal is oor baber hengel, lol. Muddy koppe en veral Graskarp koppe is jou aas. Gaan lekker diep met jou ase so 200 plus meter as jy kan. As jy aan 'n club behoort en julle het 'n komp hou vir jou die Muddy's en Graskarpe na die tyd anders gaan jy vir jou aas daar moet vang. Beeslek lyk my lok die Muddy's daar.

En o ja jy moet maar vroeg gaan om goeie plek te kry by Sandveld. Ek praat van op die laatste Woensdag oggend vroeg. Inteendeel ek dink dit is dalk ook te laat die jaar.
 

Skuimkop

Sealiner
Askuus ek sien jy gaan Paas naweek so ignore maar die vroeg gaan want die Bonanza is eers die naweek daarna. Ek is dan (Paasnaweek) ook by Die Hoek (onder by Bloemhof se dam wal) om babers te target so as jy hulp nodig het met die babers kan jy my kontak dan kan ons plan maak om by mekaar uit te kom. Riaan 082 576 9428.
 

theron`s

New member

Dankie 'skuimkop',watse geriewe is daar by sandveld,bespreek mens voor die tyd,

ek sien op google dis deel van n nature reserve,





ja,daai booitjie gaan oortyd werk da 
 

theron`s

New member
Skuimkop,aangesien jy daai naweek de hoek toe gaan,wat stel jy voor sandveld,of de hoek 



sal definetief wil kom vir hulp
 

Skuimkop

Sealiner
Daar is chalets en amblusie geriewe wat redelik netjies is. Ek weet net nie of daar staan plekke is met krag nie. Ek was eintlik forseer gewees om die heletyd by my tente te bly laas jaar want omdat ek alleen was daar het die Blou ape my baits en kos vrot gesteel as ek even net 'n vis inkatrol het so ek konnie regtig rond ry en na die plek kyk nie. Iemand anders sal jou dalk hier kan help.

Die Spar in die dorp is absoluut great en jy sal maar daar al hou finale shopping moet doen. Die Viskas (ek dink dit is die plek se naam) is die local tackle shop daar en hulle sal ook ekstra op gestock wees vir die Bonanza so as jy uit iets uit hardloop behoort jy daar reg te kom.
 

Skuimkop

Sealiner
Theron aangesien jy nog nooit by Bloemhof was nie sal ek dit verseker vir jou eerste aanbeveel. Anyway ek was gelukkig om plek te kry by Die Hoek agv die vloed skade wat hulle nou daar gehad het. Net kamp staan plekke waas beskibaar as ek reg onthou. Ek het 'n karavaan geboek maar moet ook nog hoor of hulle die skade in tyd gaan herstel kry anders moet ek ook tent opslaan.

Bloemhof is 'n unieke dam ervaring en Die Hoek weer 'n unieke rivier ervaring en omdat ek Bloemhof al gehengel het en weer die jaar gaan vat ek nou Die Hoek aan wat ek nog nooit gehengel het nie.

 
 
Top