Info on PE fishing spots - April

stinkmossel

Sealiner
howzit guys.

im fishing in PE, end of April,RASSPL Nationals, for my first time ever.
i have done searches on Sealine for spots, but any additional info would be greatly appreciated.
maybe a local that can point me in the right direction, closer to my arrival?

as you know, its a species based comp- with scratching being my preferred style- maybe areas with reef/ scattered reef etc.

thanks in advance.
 

SPARRABOS

Sealiner
Swartkops rivier as vertrekpunt....ten spyte van riool besoedeling is rivier n goeie aasbron....modder/sand/swemkrewels. Pencilbait. Skietkappers....pypiekoraal en bloedwurm asook lewendige Harders...seekat...en self's rivier rooiaas is vollop...soos jy blouwaterbaai inry kry jy twee stilhou plekke....een by lifesaving klub direk Lang's Riviermond....as jy dus by Riviermond staan en see toe kyk is jy links van rivier aan coega hawe se Kant . Daars ook n stilhou plek ent terug met parkeerplek waar voertuie in ou dae die strand binnegegaan het....hier is dit meer die plaaslike swemplek.....die hele strand van swartkopsrivier tot blouwaterbaai en Verder op tot by wells estate en st George's strand net voor coega hawe is n low frequency wave action met n vlak surf zone....hiers min formasie behalwe n holtetjie hier en n gaaitjie daar. Ouens vis meer oor die lip of drop off op laagwater..... By swartkops mond in winter koue nagte Kom soms mooi spotted grunter en extra Groot stenies uit....wonderwurm..bloedwurm.. sandkrewels en ploegslakkies is hul kos . Soms skoon sardyn fillets... Ouens slide of gooi mullets maar dis Jong leries van 4 tot 6 kg gewoonlik.. Jong kobbies byt ook hier....blouwaterbaai en wells estate en stgeoerges strand het Baie elwe.. elwe byt veral snags en Amper regdeur Jaar....wells en stgeoerges is vir groep hengelaars wat gewapen is....area is snags gevaarlik met Baie voertuiginbrake..stgeoerges wat naaste aan coega hawe is lewer ook mooi stenies en grunters op ploegslakkies wonder en bloedwurm....die hele strand van swartkopsrivier tot coega hawe gedy met sandhaaie...platvis soos diamand en blou pylstert...bronshaai...raggies...hounds...ook is dit populer om swemaas uit te stuur vir zambesi haaie...sardyn(pillies) en vars mullet koppe bly maar jou beste non edible aas hier ...elwe byt ook graag op sardyn of pillies..jou next area is anderkant coega hawe naamlik hougampark vander riets en pomphuis
 

SPARRABOS

Sealiner
Jy draai by cerebos in na hougampark...paaie na see maar sleg geraak....van coega hawe tot Jan se gat is jou hougampark area ...Baie sand met hier en daar sandsteen in water....van hawe gebou is is area maar opgesand....hougampark word daagliks gehengel . Elwe en kobbies die populerste spesies... Sardyn(pillie) en vars elf opgesny bly beste aas. ..as jy uitspoel rooiaas daar optel en gooi kan jy altyd n Groot kraker of galjoen vang.....wonderwurm lewer soms n Groot baartman...daars ook waar sandsteen is by Jan se gat stinkvis hottie en kolsterte.... wonderwurm sandkrewels en uitspoel rooiaas werk die beste....oral aan die kus is ook non edibles .. weereens is vars mullet koppe...vars elf en seekat jou beste aas vir non edibles....duckbills sandhaaie blue rays hounds en raggies en bronzies is algemeen hier
 

SPARRABOS

Sealiner
Van Der riets en pomphuis is privaat....mens Gaan by ppc sement huis in en kan van Der riets en pomphuis hengel...daars ook n 4 by 4 pad ..kan naby jou vangplekke Kom....jy kan ook met n boot ooor sondagsrivier ry en stap van sondagsrivier in vander riets se rigting.....die sandsteen naby ppc sementhuis het Baie kraker galjoen kolsterte en poenskop...uitspoel rooiaas wat daar uitspoel/seekatpoot jou beste aas.. kobbies ook vollop in die area op pillie aas... Moray eels is soms Baie lastig en baber palings .. pomphuis area het Groot kolsterte.. krakers en kobbies. Weereens is pillies en uitspoel rooiaas jou beste aas. Van pomphuis na sondagsrivier vang ouens op livebait en rapala en dropshot Baie kobs ..hele van Der riets na sondagsrivier ook Baie non eds. Raggies en blue rays kan soms hier n oorlas wees.. vars mullet en pillies bly ook hier jou beste non eds aas... Oostewinde hier maak see vuil en lewer non eds....Wes maak hom skoner en dit is beter vir eetvis....soms is seegras by sandsteen by ppc huisie se area n kopseer en maak visvang moeilik....
 

SPARRABOS

Sealiner
Flatrocks begin by parkeerplek waar ons ou roadhouse jare terug was...jy kan daar parkeer en flatrocks hengel of by pine lodge parkeer en terug stap....flatrocks is laagwater spring gety hengel....tydens of net na storm sterkte ooswind...jy gooi heel voor van die plat banke af met skulpaas....Baie krakers word jaarliks hier gevang... Seekatpoot lewer soms poensies en Groot houndsharks....ouens kry ook hier op pillie chokka mooi kobbies en elwe... Maar see moet werk met n suidooster...net mooi loop en Wade . Gate en skeure in rots het hier Baie enkels gebreek...kolsterte ook vollop hier.
 

SPARRABOS

Sealiner
As jy Cape Recife reservaat binnegaan loop die pad teen die see tot by die lighuis....jy ry verby die kort en Lang mure....ruby's hole en parkeer oorkant die Cape Recife beacon....dit is als goeie hengelplek vir sterk suidooster....see moet werk.....die dropshot ouens vang Baie elwe en kobbies hier.....dis Seker van beste bruinhottentot santer en wildeperd en kolstert water met sterk oos....krakers stenies en kobbies en elwe en baarties raap ook jou aas op soos jy vir hotties gooi....pap tjokka blob waarin sandprawn ingekap is is jou alrounder aas hier....ij winkelprawn met sandprawn gemeng ook....jy vang letterlik als daarop as jy vir hotties gooi...weereens mooi trap vir gate vir jou enkels...voor by lighuis is elbow...Dan om die punt is voelklip railrock elf gully en pienaars en highrock....meer spring laag vir manne met wetsuits. Die elbow en punt is maar kraker water op skulpaas en Groot elwe en soms ook geelstert op live mullet....voelklip na pienaars het hope hotties en elwe.....hier like die hotties ook sand/pienkprawn of tjokka blob met sandkrewels. ..elwe op gewone pillies...
 

SPARRABOS

Sealiner
Oppad na lighuis is afdraai na regs wat eindig by parkeerplek jou smal surf begin hier en loop deur tot by lookout surfers point...small surf is agter jou skietbane en kaalgat strand . Hier ook maar inbrake in jou voertuig...dink small surf meeste stenies .. grootes ook....sandkrewels is hier number one!!.. kobbies stompneus. Baartman.. koldas...elwe is ook hier vollop en jy vang n mix bag op sandkrewels ....die rots sloepies naby lookout het met sterk see Baie wildeperd....
 

SPARRABOS

Sealiner
Jou rotskus vanaf lookout verby noordhoek skiboot klub en blougat willows die wreck tot by schoenies en pegg rock is n rots hengel paradys. Hier soek jy mooi see en westewind. Oral is elwe vollop op pillies...jou kolsterte en poenskop byt ook op pillies....krakers is ook vollop op die kus op rooiaas en skulpaas....mooi galjoen ook op rooiaas. Die kus ook Baie hotties...die ervare manne vang hul hotties op sand wit mossels op die kus... Spotted gully haaie en kathaaie en skaanhaaie ook maar oral terwyl jy met pillie aas gooi
 

SPARRABOS

Sealiner
In n neute dop sal ek vars bloederige sardyn en melwit tjokka saambring...ook winkelprawn en paar witmossels....Dan sal ek vars sandprawn trek en op suurstof pompie Hou.....jou flatrocks het Baie armadillo en oral spoel rooiaas koppe uit of sny mens Sommer op laag...dus jou natuurlike aas kry jy Sommer hier...gooinet byderhand en jys uitgesort.. onnodig om vragte aas te bring
 
Top