I'm doing some warthog hunting on a friends farm t

Simen

Sealiner
Loomisx5 wrote:
Simen wrote:
Get the book 'The perfect shot" It shows the most hunted  animals in Africa, also the spoor of all and where the best shot should be to bring it down. You will see in the pic's where the vitals of each specie is situated.
Simen hy is permanent in my rugsak. Het hom al seker 20 keer gelees terwyl ek in my "hide" le met my boog. Die "pocket size" boek is +/- R175 en die groot boek kos+/- R350. Dit was n tydie terug gewees. Die boek is deur Kevin “Doctarti” Robertson geskryf
Seker een van die maklikste en beste boeke om 'n jagter te help.
 

JasonF

Sealiner
Sharky, in the pocket book they only show the animals normal view and anatomy diagram. With each animal they give you the natural history, sex determination, Trophy assessment, The hunt, rifle calibre and bullet selection and shot placement. In the back of the book they give you all the different tracks and measurements for Roland Ward(RW) and Safari Club International(SCI). I am not shure if they show the droppings in the full version of the book.
 

RianB

New member
Sharky

Ek is bevoorreg om gereeld vlakvarke te jag, maar verstaan my reg, ek kry nog elke keer op een of ander manier pakslae by oor wielneus!

Leer eers sy swakpunte ken, spesifiek in die omgewing wat jy jag. Sy spoor leer jy vinnig ken, 'n "manual" is nie rerig die alfa en omega nie. 'n Vlakkie is lief om sekere paadjies te loop en by dieselfde gate deur te kruip. Jy moet net leer wanneer en watter kant toe. Waar ons hulle baie pla, begin hulle soms in die nag ook loop. In die winter kry hulle ook koud en loop as die son sy gesig wys. Die plaaslike bevolking gaan jou gewoonlik in 'n japtrap baie goeie advies gee. Sy sig is swak, maar maak geen fout, hy sien steeds dêm goed, gelukkig nie so goed soos ander wildsbokke nie. Maar kan hy vir jou uitruik! So probeer om altyd 100% windreg te wees.

Kaliberkeuse? Ek verkies die 30 0 kwes, maar my 243 en 9,3 het ook al menige laat sneuwel. Ek het Saterdag 'n "perfekte" bladskoot gehad, maar die ou grote het 'n goeie 150 meter verder eers tot stilstand gekom. Dus, hulle is taai, maak seker van jou skoot.

Jy gaan hom ongelukkig net skiet as jy in die veld is, die kantoor is bietjie beknop vir hom. Maak meer tyd om die bos te betree en jou suksesse volg sporadies!

Voorspoed!
 

Sharky2

Senior Member
Rianb,hoe lank dink jy sal dit hulle vat om gereeld te raak aan voer,sal dit dan n goeie idee wees om hulle dan in te wag by die voer?
 

Simen

Sealiner
"n vlakvark en bosvark kan altwee erg mak raak, as ek se mak raak bedoel ek 'n wilde een wat leer om nie mens sku te wees nie.

Jy kan maar op enige dorps ashoop wat in 'n area gelee is waar albie varke teenwoordig is gaan kyk.

Hulle raak so hans dat hulle jou uit die pad sal loop om kos te kry, en hulle is nie mak gemaak nie.

Soos in die wildtuin, diere kom tot teen jou want daar is nie bedreiging vir hulle nie.

Ok om terug te kom na lokaas vir varke.

Die beste plek om voer vir hulle te gooi is by 'n watergat. Gooi dit so, nadat jy jou sitplek gekry het, dat jy 'n goeie uitsig op dit het. Neem veral die windrigting in ag.

Indien moontlik sit in 'n boom of in iets so 2m bo die grond, dan speel wind nie so belangrike rol nie.

Gooi enige voer, mielies, groente, pap, selfs pensmis op die plek. Los vir so 2 dae en besoek weer. hervul indien nodig.

Doen vir so week, moet net nie gereeld in die dag gaan loer nie, gaan eerder in die donker.

Die dag wat jy wil gaan skiet sorg dat jy donker reeds in posisie is.

 
 

RianB

New member
Sharky, ek stem saam met Simen tov voerplek en tyd, hulle raak vinnig "mak". Ek het bosvarke al so geskiet, sowel as met honde maar persoonlik nie my voorkeur manier van jag nie. Bietjie tradisionalisties, my pelle noem dit "vol str#nt", ek hou van walk en stalk. Ek begryp boogjag is meer uitdagend en as tyd 'n probleem is, dan is dit seker die manier om te gaan. Vlakvarkjag is vir my ook meer uitdagend om te probeer om so na as moontlik aan die oukies te kom. Dis ongelooflik bevredigend om so 15 - 20 meter van hom af te wees en te weet hy sien jou nie.

So vir interessantheid, lees in hierdie maand se African Outfitter die artikel "The Gentleman and the Pig". Verder was daar so 2 of 3 maande terug 'n nice artikel deur Koos Barnard in die Magnum van vlakvarkjag gewees. Lees dit ook gerus.
 

Sharky2

Senior Member
Dankie julle,ek wag net vir my neef se pa om te hoor of ek voer op die plaas mag maak en dan wil ek sommer kyk om n platform in n boom te bou waarin ek kan sit.
Baie mooi varke daai simen.hier's enetjie wat ek laasjaar geskiet het.
 

RianB

New member
Simen, baie mooi tande op daai vark!

Sharky, mooi skootplasing en mooi vark, jy kom dan reg, hoekom al die vrae??
 

Sharky2

Senior Member
Dis n vark wat ek laasjaar geskiet het en my eerste en laaste een in 4 jaar.so ek het nie teveel sukses met die outjies nie,maar dis een van daai diere wat vir my n aantrekkingskrag het.as ek gaan jag moet ek een skiet,maar ek sukkel so bietjie om hulle te kry.so ek probeer maar uitvind wat doen ek verkeerd en wat kan ek doen om meer suksesvol te wees.
 

JasonF

Sealiner
attachment.php


Was die vark dan stout dat jy sy oor trek
 

Simen

Sealiner
Mooi vark daai Sharky. varke se lyf grootte verskil van area tot area baie. neem aan dit alles hang af van die beskikbaarheid van kos.

Ek hou van jou idee om 'n "hide" in 'n boom te maak.

@ Loomis. Hy wou aanhou om sy kop in die gras te druk, des die oor trek.(lol)
 

Arno Nel

Sealiner
Dit is 'n paar mooi varke daardie.

My vlak vark was geskiet op Geduld na by Outji in Namibia op my oom se plaas met 'n 30-06 terug in 1996. Die vark se gewig was 'n mooi soliede 60kg.

Moet se daardie boud was 'n wenner in die oond.

Nog net 3 weke en dan gaan ons Vlak Varke gaan skiet in die Middelton area hier in die Oos Kaap. Gaan kyk as ek nie 'n paar Rooi Bokke ook kan kry nie. Sien nogal baie uit daarna.
 

Sharky2

Senior Member
Arno,dis waarvoor n mens werk.kan jy jouself voorstel hou erg die lewe sou gewees sonder die klein plesiertjies soos jag en visvang.Ek beplan maande lank aan n trippie en dis wat my deur die lang dae help,darem lekker om so uit te sien.sterkte man,hoop jy skiet n paar.
Ja simen,ek sal graag n tipe van n boomhuis wil bou wat redelik gemaklik sal wees,dit raak n lang dag om so te sit en wag.die gras op die plaas is baie lank en dis baie ruig so ek sal baie beter kan sien ook en die diere sal my nie kan ruik nie so ek kan nie verkeerd gaan nie,die bonus is dit sal perfek werk in die aand vir bosvark ook.sal maar wag om te hoor of ek dit mag doen.
 

Arno Nel

Sealiner
Sien baie uit na die jag. Dan gaan daar darem weer 'n stukkie wilds vleis in die huis wees en 'n lekker stukkie vars biltong.

Die varke maak lekker kaas wors.
 

wp34

Sealiner
Oom Simen , het jy nie n kontak waar ek varke kan koop nie? Die reservaat het nie varke nie,maar ek wil n paar aanhou.
 

Simen

Sealiner
wp34 wrote:
Oom Simen , het jy nie n kontak waar ek varke kan koop nie? Die reservaat het nie varke nie,maar ek wil n paar aanhou.

Ja ek het, sodra jy hier is dan kan ons praat, sal jou aan die persone voorstel, die ander manier is , ek gee vir jou 'n klomp, ons moet hulle net self vang.

Dit vat bietjie tyd, maar nie heeltemal te moeilik nie.

Die maklikste is met behulp van 'n vearts, jy maak 'n voerplek en hulle dokter bietjie van die kos, dan is dit sommer 'n klomp op 'n hoop wat lekker slaap.

Die moeilikste is die permitte om hul van een area na 'n ander te verskuif.

Maar enige iets is moontlik.
 
Top