What if they don't bite on the day on Spirit mielies or honey floaties? Maar hier is wat jy kan doen.
Vat vir jou bruin brood en sny die korsies af. Meng nou 'n eier in die bruin brood totdat jy 'n taaierige tekstuur kry. Jy kan nou die broodjie geur met dips wat jy vir jou later kan aanskaf. Jy kan dit kombineer met gewone KOO whole kernel mielies op een hoek en gaan koop vir jou ook plain floaties wat jy op die onderste hoek kan gebruik. Geel en wit sal vir eers reg wees. Jy kan die plain floaties en KOO mielies ook geur met die dips. Jy kan vir jou 'n SWD (soet wit deegie) maak soos volg: Gooi 10 tee lepels suiker in 500 ml water. Gooi bietjie koekmeel in 'n bakkie en gooi die suiker water bietjie bietjie by (nie alles op n slag nie). Meng die spulletjie totdat jy die deegie in jou hande kan meng sonder dat dit aan jou hande vas sit. Jy kan ook erdwurms gebruik. Die is die ase wat jy moet gebruik vir Karp.
Jy kan ook vir jou SA poeier meng en dit is hoe jy dit doen:
1.5 koppie vla
1 koppie versiersuiker
1 pakkie caramel pudding
2 lepels fluoro
Jy gebruik die SA deur jou bom in dit te doop en jy kan dit so elke 3de - 5de cast gebruik.
Gaan grou in jou vrou se kombuis en trek haar Moirs/Robertsen Caramel (baie goeie geur vir Karp) Vanilla, lemon, banana (ook baie goed) ens essence nader. Jy kan vir eers die gebruik as jou dips. As ek 'n paar ander dips kan aanbeveel wat jy vir jou kan gaan koop sal dit Supercast se Almond, Bunspice, Cinamon of Cina 4, garlic, Kiana of musk, Quatro of Tjop-Tjop, Gumtree, Honey of Honey glow, Looti, TAC of TCP as jy kan kry en Strawberry. Jy kan die bunspice en Cinamon (Cina 4) ook replace met Perdeby. Die is die basics waarmee jy 'n goeie begin sal kan he in Karp hengel. Natuurlik kan jy ander brands se geure ook koop maar ons wil jou net eers aan die gang kry met die basics. Jy kan nou besluit of jy die ase (broodjie, mielie, SWD, floatie) wil geur of net 'n geur op die bom drup. Probeer altyd 'n soet dippie met 'n skerper of sterker dip gebruik soos bv Almond en Garlick, Caramel en Gumtree ens ens. As jou vrou nie daai essence geure het nie moet jy tenminste vir jou ook SC se Banjo, en FX (is maar Caramel) by koop.
Jy moet ook vir jou 'n feeder bom spring (sien foto) gaan koop sodat jy lok/voer op dit kan plaas om die vis na jou aas toe te lok en daar te hou totdat hulle die aas optel. Jy maak daai lok aan met die dam water en as jy SC gaan gebruik laat dit vir so 20 minut staan. Die instruksies is agter op die pak. Die 'bom' moet dan lyk soos die derde pic (Daai storie tesun my hande op die foto)
As jy begin hengel gooi diep in die oggende en vlakker soos dit warmer word as die vis van die byt afgaan. Hier kan jy ook die SA poeier inspan maar gebruik dit net so elke 3 - 5 cast. Jy gear is 100%
Gebruik jou see stokke en katrolle om sommer baber ook te target. Gebruik 'n viskop en hak hom soos ons ook met die R&S doen, dit sal werk. Gooi jou baber stok sommer eenkant uit.
Ps: Ek weet nie hoeveel jy weet van Karp hengel nie so ek het maar in detail inligting gegee so ignore maar as jy die goed weet.