I'm so excited, I caught my very first cob tonight. Ek is so half 7 vannaand uit op my kayak by die Melkbos slip en met die eerste gooi was dit vas. 'n Lekker fight, maar toe ek hom probeer optel aan die strop om hom op die kayak te tel, gee hy net 'n skop en daar trek hy. Ek was maar suinig met my aas en het net 2 sardyne by my gehad, maar toe het ek viskoors. Die klein vissies het nogal baie om my gespring, seker maar soos die grotes hulle gejaag het. Met my tweede laaste stukkie sardyn haak ek toe weer iets. Lekker gespook en die keer land ek hom mooi op my kayak. Meet hom en ja, hys size. Later gesien ok maar net so 53 cm. Hom mooi aan die slaap gemaak soos ek nou die dag op die forum gelees het. Skerp mes deur die brein tot sy bek oopgaan en hy ophou spartel. My mombakkies is ook nou af en more eet ek kabeljou.
Wil weer more oggend gaan kyk daar by die slip.
Wil weer more oggend gaan kyk daar by die slip.

