I am using super cast products (i am a beginner) a

Hennie 1

New member
Dit reg ek hoor wat julle se.Ek wil graag my self en my toerusting reg kry,my doel is om volgende jaar provinsial te gaan hengel ek weet ek weet nie so baie nie maar ek vat as ek die geleentheid kry moet 'n mens die kans vat hoe gaan ek anders leer,daarom vra ek so baie vra en probeer my goed in plek kry daar voor.

Die lys is net 'n verwysing ek het nie alles probeer nie ek het net 3 kombenasies gevat wat in elke geval nie gewerk het nie toe gebruik ek SA poeier en voala die vis het gebyt nie groot nie maar dit was lekker.
 

Pan

New member
Hennie, ek sien nou eers jou hengelwaters raak. lol
Het jare Modimola en Disaneng gehengel. Modimola is tempo water. Het telkemale gebeur dat ek net met 1 stok kon hengel. Het eendag 87 vis van 9uur tot 4uur daar uitgehaal. As jy 'n rokie wil vat moet jy maar vir daai paar minute die stokke buite los. hehe...
Wonder of dit nog so vuil is daar ?
 

Hennie 1

New member
Dag se pan

Skies ek kom nou eers terug na jou was maar besig die laaste ruk. Disaneng is nou mooi skoon Modimola is nog vuil maar die vis byt nog goed daar.

Ek het gehoor baberspan is so besoedel en dat mense nie meer in die water mag gaan nie weet jy iets daar van.
 

Exiled4Life

Senior Member
off the topic nou ek sien party van julle het super rods of ken van die supercast mense ek wil 2 rods by hulle bestel is dit die moeite werd om 2 maande te wag vir hulle? die ding is ek wil die stokke gebruik vir spesie en conventional wil vir my harde en sagte punte kry maar schalk reply nie op my emails nie kan julle my asb net raad ge oor die stokke
 

Duanejc

Senior Member
Ek het 2 stokke by Schalk gekoop, maar het my allie af gesukkel met die bestelling! Dit was glad nie n plesier gewees om die stokke in die hande te kry nie. Ek het vir meer as n maand gesukkel om hulle in die hande te kry om my bestelling te plaas!
Is ek tevrede met die stokke??? BAIE!!! Ek kon ongelukkig nog net 2 keer met hulle hengel maar hulle gooi baie baie lekker en vang die ou grootes sonder probleme! Ek gaan versekker nog 2 vir my koop sodra ek weer terug SA toe trek!
 
Top