Naandse kerels.
Verlede week het ek n kansie gekry om n luretjie of twee te gooi. Ons het op Palmiet besluit, naby die brug. Die oefenry in ou swaer se swembad het gewerk. Ek het nou nie n leerie gekry nie, maar het op n wit Strike Pro oppervlak vissie n volg gehad. Dit was ordentlike vis wat agter my Strike Pro vissie aan geswem het en geel van kleer. Ek dink dit was n karp op geelvis, aangesien die water daar baie vars is. Dit was egter die enigste volg van die dag. Die hondjie-loop werk so waar as wragtig! Ek het hom mooi laat hondewals.
Dankie vir julle raad. Ek dink ek gaan hulle klap in die suidkaap...