Hoekom so baie

shelvpower

Sealiner
Man in Pretoria stuur sy vrou om inkopies te doen voor die rugby final game
tussen die Bulle en die Cheetas.
Sy kom terug met 3 kaste bier, 2 kaste brandewyn, 1 kas Rum, 1 kas Coke en 2
brode.
 
Hy kyk haar so en vra, “kry ons kuiermense?”
 
“Nee” sê sy. “Hoekom?”
 
Hy vra: “Nou hoekom koop jy dan so baie brood?!”
::S::S
 

Fanie

Sealiner
Ha ha, ja vrouens is soms maar bietjie eienaardig !

Ek moes die ou heks vat om groente te gaan koop. Na ons die goed in die kar gelaai het wil ek die trollie gaan bere, en hier kom die karwag aan. Afrikaanse ou en hy wil die trollie vat om te gaan bere.

Ek trek die trollie weg van hom af (baie ernstig) en se vir hom, hey ! gaan kry jou eie trollie. Hy se nee meneer ek wil die trollie gaan bere. Ek se nee man gaan kry jou eie trollie om te bere, dis my een die wat ek gaan bere.

Nou begin ek met die trollie loop na waar hulle gebere word. Hy se nee man meneer, waarom dan nou se snaaks met my ?

Ek se want ek trek jou been...
Die ou was duidelik verlig.




Gits ja en die grappies wat ek maak. Hier kom een slag 'n ou en sy vrou aan, ken hulle van geen kant af nie en nog nooit gesien nie. Sy vrou is saam.

Toe hulle uitklim se ek hallo Koos... en toe hy sy vrou voorstel toe se ek haai maar dis mos nie sy wat laas saam met jou hier was nie ?

Herrie daar's die vrou op die plek briesend ! Aaaaagterna toe vind ek uit die maat het bietjie rond geloop toe vind sy vrou daarvan uit, en toe ek nog die grappie maak... Nou ja ek is seker sy het hom later by die huis bietjie gaan vemink.



Ek is een dag hier aan die ploeg by die huis. Nou ek tof mos nie so op soos meeste mense nie en ok, ek lyk meestal maar redelik verslons. Die waarheid is dis oor ek so arm is dat ek nie fensie klere het nie.

Ek moes toe nou ook gaan komponente haal by een van die kliente in 'n besigheidspark. Spring in die kar en jaag soontoe. Ek gaan mos net die goed kry en ry...

By die plek se deur is daar die bord 'Geen Smouse... Geen Werk'. Die antie by die toonbank lyk soos een van daai wat hulle in Ingels se 'stiff upper lip', jy kan die hoogmoedige houding sommer sien. Ek dag jou ou draak...

Nou kom ek by die deur in so skuifel skuifel na die toonbank toe aan. Ja ? se sy. Ek se nee het mevrou nie vir my 'n ou werkie nie (en ek vou die handjies so pateties moontlik voor my). Nou klim haar stemtoon so oktaaf (want sy is nou in beheer sien) Meneer daar is 'n bord buite wat se 'Geen Smouse... Geen Werk' nie, kan jy nie lees nie ? Ek se maar... sy se (en die stem klim nog so oktaaf) hier is nie werk nie !

Ek se maar mevrou ek sien julle ry almal sulke nice karre, ek is seker julle sal so 'n ou joppie vir my he om te doen... Nou kan jy hoor sy begin ernstig te stres. Meneer as jy nie NOU loop nie dan roep ek die BAAS ! Ek se nou toe dame roep dan vir Lukas vir my. Ek dag sy blaas 'n gasket, die vermetelheid !

Intussen hoor Lukas daar van agter af sy naam en steek sy kop by sy kantoor uit. Haai Fanie ! Kom in, ons gaan sommer hier agter toe... en daar loop ek verby die antie na die baas toe.

Ha ! Toe ek later loop was sy weg. Seker daai stywe lippie gaan pollish. Sal haar leer ne :-D
 

Fanie

Sealiner
Ek ry saam met iemand in sy bakkie. Nou hoor ek hier agter ons is 'n enjin met so 'n klankie aan. Kyk in die truspieel, en ja nee ! daar kom die plat kanarie geel Lamborghini aan en die maat is redelik haastig, hy vleg so tussen die karre deur. Hulle het mos 'n V10 enjintjie (of so iets) in wat redelik kan wikkel as jy hom roer.

Soos die noodlot dit bestem, stop hy voor by die robot langs ons en rev rev die masjien so van ongeduldigheid.
Ek hang hier by die venster uit en se vir die ou - Hey tjom ! Hy klink nie te sleg vir 'n sestien honderd nie !

Ek dag die ou val uit die kar, daai gesigs uitdrukking... En ek dink hy was net reg om ons uit te vreet toe sien hy ons lag vir hom. Toe lag hy ook maar, lekker gevang.



Toe ek nog die Cobratjie gehad het, wil almal mos saam met jou ry om te voel hoe ry so 'n sport motortjie. Een van my pelle se vrou wil ook nou voel en ek se vir my pel as ons nie oor so 'n uur terug is nie, ons is in die Centurion hotel ok !

Hier om die draai erens stop ek by 'n stopstraat, en een van my kliente stop langs my. Die uitdrukking op sy gesig (wat se - hey, wat gaan hier aan !), en hier sit ek in die windgat sport motortjie met die mooi pop langs my.

Toe knipoog ek maar vir hom en ry... Wat kon ek toe nou eintlik anders doen.
 
Top