Hoek aas by die huis vergeet.

wmpruis

New member
Okay, ek het skielik hieraan gedink toe ek die 'Jy kan net 3 dips vaaldam toe vat' topic gesien het.

Jou dips is in, voer is in. maar jy het nie hoekaas nie en het +-R10

Wat sal jy koop vir aas as jy gou iewers kan stop.

 

Plain floaties?

gegeurde floaties?

Koekmeel?

erdwurms?

Wat sal julle top nommer een hoekaas wees.

 
 

Naruto

Sealiner
Ek sal kyk of ek nie n halwe bruinbrood(of n paar bruinbrood rolletjies) en n klein pakkie semolina kan koop nie. Dan kan mens darem bietjie rondspeel met twee ase. Kan altyd n stukkie broodkorsie as floatie gebruik met n deeg backing of so iets...

Ayoba, Nie al die damme het kurper nie en die kurpers byt ook mos nie reg deur die jaar nie...
 

Naruto

Sealiner
Haha! Ek sou se die antwoord hang af van die venue ook. As ek vaaldam toe gaan sal ek hou by my vorige antwoord. As ek roodeplaat aanpak sal ek verseker n wurm gooi al is dit winter, want die karp moet ook seker eet... en n karp sal nie n wurm los as hy hom kry nie.

Ander aas wat ek ook eerder sal Vaaldam toe van in winter is koo mielies. Gaan bietjie langer le, maar die resultate sal mooi wees.
 

AYOBA!

Sealiner
dis waar, die venue maak 'n verskil, ek was eendag by Rietvlei, sien 'n swart kriek in die gras, die lyn was seker nie 10 minute in die water nie toe skreeu daai katrol, snorre se kind kon nie daai kriek los nie...jy kan by 'n paar venues jou eie wurms gaan soek as jy 'n graaf of spitvurk het...
 

shuraj

Sealiner
It will depend on where you are fishing.

For R10

i would buy half loaf brown bread and packet of cake flour

With brown bread /degie you are guaranteed to catch fish,  It works in all dams

 
 

supa-m

New member
ek sou n pakkie koekmeel gekoop het en dan as ek n mielie land sien n mielie kop gepluk het en dan sommer daar in die land gegrou het vir wurms ( floats is sommer n pot snot ek het vandag en in die verlede meer besig gewees met n plain deeg of n wurm as wat ek met n float op gehad het
 

Enigma

Moderator
For a day session a bottle of soft white floats as the can be used as floaties on their own or can be worked into a dough.

Beg to differ about the floaties as when we were allowed to pollute the dams with Polistyrene I used to catch tons of fish with the Polistyrene balls, in fact more per session than I do now with Floaties or doughs

But seeing that floaties are now R10.50 a bottle I will have to go with a small pot of cake flour
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek sal kyk of ek n kafee sien en n pakkie koekmeel koop. Partykeer ry jy en daar is geen kafee's nie en jy vind slegs smouse langs die pad met platties en wurms-dan sal ek wurms koop. As niks werk nie-ek het altyd floats in my kas, asook mielies-dan sal ek die ou langs my vra vir n stukkie deeg of koekmeel. Ek het self al paar keer my deeg so in die yskas vergeet-Volgende keer help ek weer iemand soos ek al gedoen het.
 
Top