hoe sal ek by 'n rivier hengel , ek wil Vrydag mod

supa-m

New member
hoe sal ek by 'n rivier hengel , ek wil Vrydag modder rivier toe gaan , maar ek het nie 'n idee hoe om by 'n rivier te hengel nie . waar gooi ek waste voer gebruik ek waste aas gebruik ek en waste dips sal ek gebruik ?
 

Wernerbloem

New member
Supa-m

As ek die reviere gaan hengel sal ek altyd die volgende doen:

1. My hoek lyntjies so bietjie langer maak as wat dit vir gewone dam hengel (e.g dam tussen 13 to 11 cm lank en by riviere tussen 15 to 18 cm lank.

2. ek is baie lief om met 'n uie bruinbrood of 'n heuning en kerrie bruinbrood  backing met wurm voor te hengel asook mielie pitte my gunstiling is TCP. Jy kan ook al die ander asie wat jy by die dam gebruk floaties deegies ens ook gebruik.

3. Wat my mieliebom betref maak ek dit altyd bietjie growwer duer so bietjie chick chick no 2 wat vooraf gekook is in die microwave saam met my voer te meng.

jong dis my 5c kom ons hoor wat se die ander manne:fishn
 

Wernerbloem

New member
Amper vergeet as jy by die revier kom ky of jy soo naby as moontlik aan die oorkanste riete kan gooi daar swem mooi karpe rond, wat die dips betref het al lekker gengel met quatro, Lemon time en dan ook yellow activator FX en perdeby op die bol het ook al lekker duer gekom by die Modder rivier vir my. Wees maar geduldig en onthou die vis byt nie so gereeld in die reviere as in die damme nie le die stok bietjie langer. proebeer gerus a weetbix blokkie met so bietjie bloekom in vir n deegie.
 

supa-m

New member
het vandag gaan hengel , het 19 vis gevang . het die vis gevang aan die heel ander kant seker so 2-3 meter van die ander kant af wat my bol geval het . ek het met my een stok met banjo float en plain float begin met n banjo float het ek n custard deeg op gesit en die plain float het ek n skoon wit deeg op gesit en op die bol het ek fx legend en duiwelsdrek op gesit na so uur se gesukkel met die stok het ek oor geskakel na n ander eenvoudiger tegniek ek het n skoon degie onder gesit n plain float bo met n custard deeg en niks op die bol het so 5 min gewag to byt die vis op hom . die ander kant se stok het ek begin met n resep wat ek in 'n visvang boek gesien het , 'n wurmpie met n skoon deegie agter op en onder het ek n bunspice mielie met n legend deegie en legend en banjo op die bol , ek het later gesien bunspice mielie werk nie en ek het toe n banana mielie op gesit ek het legend en banjo bly gooi op die bol , ek het 15 min gewag toe trek die lyn stokstyf en toe trek ek n behoorlike klein bek geelvis uit op die mielie en legend deeg kombinasie en bo het n moder vis himself vas gebyt . ek het ook 2 mooi karpies gevang .
 

Oom G

New member
Supa M,

Try bietjie Original Dips se sweetcorn dip op plain mielie
op die onderste hoek, en n' wurm met n' garlic deegie op die boonste hoek vir n' geelvis en die odd rondloop baber.
Die sweetcorn gemeng met banjo of cina 4 op die bol is doodelik vir geelvis op die bol...
Kyk bietjie na die water ook, alle riviere het n' "breekpunt" waar die water n' nutrale vloei het, dis waar jou mooi karpe en geeles le... en die oorkantse gedeelte waar jy gehengel het... :)
 
Top