Hier gan ons alweer

karphunter

New member
Wie het gister aand dit gekyk.Ek weet nie hoe voel julle oor die hele storie van "lipgrippers" nie.Toe een van die aanbiediers n mooi karp gevang het ma hul het dit op die advertensie gewys van die program.Toe hang hy daar aan sy lip vas.Ek dink nie dit is baie goeie advertensie vir die hele 'carp care' nie.Die gripper kan mos uitskeer en dink nie dis goed vir die vis self nie.

Wat is jul meening op dit??????::cavmn:swear
 

JCFisher

New member
Het gekyk, toe hulle die karp so optel se ek my vrou ,"as SACS dit sien dinges hulle in hulle broek!"

het n hele paar so op getel!
 

karphunter

New member
Wel dan moet dit bietjie oorgedra word aan hulle.Nie dat ek iemand se gat toe steek nie maar vir die beskerming van vis en die sport.En hul is n hengel program wat n voorbeeld moet wees.
 

Basspro

Senior Member
Daar is te veel "pro's in "specimen carp fishing" wat dink hulle ken alles .... paar jaar in die game/vang 'n paar vissies en hulle know it all .... !!!

Ek het gehoor by die Outdoor show in Pretoria verlede week was daar 'n "kenner van bait en rigs" wat mense wys gemaak het-my vriende het maar gestaan en luister-die ou was heelwat op 'n ander planeet !!! Se maar net !!!
 

Spinedok

Member
Good day

I have sent an e-mail to mnet and kyknet, about the program that is supposed to be presented by a proffesional angler, but with this type of respect shown by someone who is suppose to have ethical angling values, they will loose fans and will get no support from venues, I will make sure of that.
 

kaboem

Sealiner
Wat was die vis se gewig gewees?

Daai twee laaities is anyway nowhere nie...lol

Ek Haat daai program se k@k tune ook as ek dit net lees dan sit dit in my kop vas!!!!!
 

MadCarper

Sealiner
Ek moet saamstem met Basspro. Te veel ouens wat maak of hulle experts is met groot karp hengel, maar hulle't geen of minimale ondervinding om dit te support nie... Kyk maar op hoeveel van hierdie sogenaamde programme vang hulle eintlik egte groot karps?....

Ek het die tiervis hengel geniet van die "Hier-gaan-ons-alweer" boys, maar ek dink hulle moet liewer die groot karp hengel drop... ek gee nie om wat enige expert se nie, n karp se lippe is baie sagter as n roofvis se lip, en daarom is die gebruik van n lipgripper verkeerd, in my opinnie. En die gevaar is dat hulle die verkeerde boodskap uitstuur aan hordes hengelaars wat die shows kyk.

Nie lank nie en jy gaan een van hierdie "pros" kry wat dink hy kan groot karps terugGOOI, net soos hulle ander spesies sommer so teruggooi.... :rasta
 

KUSAF

Senior Member
Welkomterug MC bly om te sien jy is hier om weer van jou knowledge te deel.

Ek moet eerlikwaar se ek het nog nie die program gesien nie maar n lipgrip en karp is ek glad nie tengunste van nie.

francois my maat keep doing what u doing its great to see it happening in our country
 
Top