Hi ouens kan iemand miskien help met bietjie raad

Mapoepaan

New member
Hi ouens kan iemand miskien help met bietjie raad hoe om graskarpe te vang .Almal praat van die vis en vang van die vis maar ek kry niks !
 

Enigma

Moderator
Met konvensionele hengel en spesefiek in die vaaldam verkort die hengel afstand. Hulle is oor die algemeen tussen 30-80 meter met die meeste op 50m

Rietvlei strop een hoek met 2 floaties en die ander met floatie en klein degie.

Met specimen benadering het ons gevind dat Mapel Peas' wat "Popped up" is tot ongeveer 15cm vanaf die bodem goed werk.

Die Cilliers oewer en Flamingo Bay in die Vaaldam lewer verskriklik baie van die visse op en veral Cilliers gee gereeld vis oor 10kg

Beste wat ek daar gesien het was 'n 17.6kg gevang deur 'n Penkop op 'n klub komp en die meeste wat ek daar gevang het was 70 op 'n 8 uur komp
 

Enigma

Moderator
Island shores het baie min Grassies, Hulle is meer op die einde van die oewer.

Met ander woorde gaan in en ry sover regs as wat jy kan, die water is daar vlakker en nou en dan is daar groot Grassies daar

Willie Maluleka het 2 Woensdae gelede met Banjo 5 van hulle teen gemiddeld 4kg gevang, naby die kampeer area sukkel jy maar om hulle aan die lyn te kry, water te diep en te min gras vir hulle om te vreet
 

Naruto

Sealiner
Great info Enigma! Yeah, the grassie like shallow water and they should be more active during the summer. During the winter they do get caught, but not as often. Flavours that seem to get more grassies are banjo and perdeby.
 

Waldok

Senior Member
Ek het geving dat groen floro hulle nogals aantrek. Hulle like ook n Bunspice 32 floatie. En ja, kry hulle gewoonlik maar vlak.
 

Mapoepaan

New member
Dankie vir al die raad manne . Ek sien oorsee gebruik die manne klein kersie tamaties vir die graskarpe het iemand dit al in die vaaldam probeer ? Hoe warm moet dit wees voor die graskarpe begin byt ?
 

PI

Senior Member
Thanks for all the insight. I will definitely also now be targeting the grassies at the next ProAm. Never fished Cilleirs, but there is always a first time.

PI
 
Top