Hi manne ek ga di naweek hengel by Roodekoppies NT

StefS

New member
Baie watergras by Ntvl kant,was laasweek daar, het toe eerder Denekruin toe gegaan. Water mooi skoon.

Soet geure, veral vrugte geure. FX, tigernuts, brood asie. Yellow activator as die wind opsteek. Het niks op SWD of boilies gekry nie.

 
 

StefS

New member
Dagbesoekers word toegelaat; R40 p/p vir die dag. Die oom het my nie laat betaal vir my dogtertjie van 5 nie en ook nie vir die voertuig nie. Ntvl kant betaal jy R40 vir p/p maak nie saak hoe oud nie plus nog R30 vir die voetuig ook; so in my geval was Denekruin R70 goedkoper en die water is skoner.

Ry sommer dadelik deur tot by die water as die betaal punt toe is; die oom sal met sy wit bakkie omkom om te kollekteer.

 
 

StefS

New member
Is redelik veilig; deur die dag was daar werkers naby, daar was ook ouens wat oorgeslaap het Woensdag aand.  Eienaar se huis ook nie te ver van die water nie.

Maar dit sal wys wees om maar op jou hoede te wees..as jy snork bly dan eerder wakker LOL anders mag dit dalk 'n subtiele wenk wees vir voornemende "kopers"

 
 

MrD

New member
5 pelle van Ellsiras so paar weke terug daar geroof.By bakkie ingebreek en by hulle in die tente ingegaan terwyl hulle slaap.heelwat skade gely.Hartseer is dat daar sekuriteits heinings is.
 

StefS

New member
Dis om van siek te word. Eienaar het gewaarsku om paraat te wees aangesien hy net wagte oor naweke het...

Het self al daaraan gedink on maar 'n goedkoop alarm met op te sit met ou vislyn om die kamp gespan om mens te waarsku teen die kriminele 'byte'. Ek vat gewoonlik maar 'n skietding ook saam, maar ek slaap so vas...
 

Magnum101

New member
Hi almal, was die naweek by dennekruin, het 4 ure gehengel, bietjie laat uitgegaan en vroeg opgepak weens kuiermense vir die aand, 8 vis in 2 ure se tyd, toe gooi ek dieper, 2 lekker runs gehad maar al2 verloor, het baie vashakplek op pen 22 en 23 gehad, gaan die saterdag weer, daar n kompitisie die saterdag langs ntvl gronde, :wfish::tight:::tight:
 

StefS

New member
Lekker! Jy'y beter gedoen as ek...6 ure een vis & 2 oredentlike runs...

Watter aas het toe gewerk vir jou itv geure en hoekase?
 
Top