Hi Guys I will be in Mossel bay from the 27th o

Gustav Kamfer

New member
Janee, kan nie genoeg klem darop plaas. Dis mar elke keer 'n gamble. Die whites is mar redelik vervuil in die baai. After all, die Shark Men het gevoel dis die moeite werd om in mosselbaai te kom tag.
 
Stapies

Sealiner
Gustav Kamfer wrote:

Wens ek kon hulle join! moes awsum wees! Ek het die ane dag een daar bu die skurwe bankies gekry. 'n Mannnetjie wat net so lank soos my kayak was maar in breede dalk weier. Maar die voordeel van die hawe muur is as hy jou stalk dan klim jy net uit... lol Ons moet bietjie eendag beneke gaan skiet... Ek wil daardie rif agrer him gaan werk. Da ook mooi vis! Of maybe die eiland as jy game is... ons moet net 'n boot kry.
 
Bauermn

New member
Hi Ouens

Hier is te veel blerrie haaie deesdae!

Stel julle voor ek probeer eers die punt? En dan die hawemuur of wat? Ek sal ander spots duik saam met locals maar ek en my broer, sal maar wegbly van die punt en kleinbrak!

Waar is romanbanke?

Is fransmanshoek veilig en goed om te duik?

Ek het gehoor van riwwe tussen Hartenbos en kleinbrak wat taamlik haaivry is in 3meter water maar weet nie of dit waar is nie?

Dankie nogmaals vir al julle inligting sover
 
Gustav Kamfer

New member
@bauermn

As jy bietjie skrikerig is vir die haaie dan is daardie duik wat ek jou gewys het die beste, maar jy se jy duik gereeld in false baai, so ek neem aan jy besef ook maar dit is 'n risiko maak nie saak waar mens inklim, maar dis ook deel van ons sport.

Doen daai duik by die punt wat ek jou gewys het, dis baie lekker ia die water helder is en daar is mooi struktuur, mens weet nooi wanner daar 'n skoolleeries of gresterte verby kom nie.

Ek het al letterlik honderde ure in die water spandeer en in die 8jaar wat ek al daar duik het ek nog nooit 'n witte by die punt gesien nie.

Die baai is 'n ander storie, daar is ek seker al 30 of meek keer uit die water gejaag is deur die boggers.
 
Gustav Kamfer

New member
@stapies

jah verseker! ek het al talle kere van my ski af by beneke geduik, dis lekker in die sin dat jy die ski aan jou stringer vasmaak en as jy vis skiet kan jy dit dadekik in die hatch gooi-minder bloed in die water.

Natuurlik ook is die ski altyd naby as die man met die grys jas kom hallo se. ek glo mens kan die selfde by die eiland doen.
ek het al by die vlak punt van die eiland geduik, en 'n paar kneuwels van breams daar gekry (die 4kg klas).

aan die oopsee kant is daar nie soveel struktuur nie en die rots val redelik skerp af tot op die sand (so 9m water). daar is altyd 'n paar parrots, maar in die somer is dit waar die bonnies draai, anders gaan daar nie veel aan nie.
 
Stapies

Sealiner
@Gustaf

Ja die vlak kant van die eiland is eintlik baie veilig. Ek dink die kans dat 'n haai gaan enter as jy skuil tussen die klippe aan diaz se kant van die eiland is ook baie skaars. Ek moet se ek stem in oor die punt. Ek dink dit is veiliger as kleinbrak en die baai as jy nuut duik in die area. Ek self het ook nog net jong raggies daar gesien en geen whites nie.

En ek het al selfs by inerpool tussen die surfers op groot leervis, Cracker, Galjoen, Red roman, en groot elwe af gekom. Marr ek vind dat jy werk baie hard daar vir jou vis en is nie altyd gelukkig nie. Maar ons moet 'n duik gaan insit een of ander tyd...
 
Stapies

Sealiner
Bauermn wrote:
Hi Ouens

Hier is te veel blerrie haaie deesdae!

Stel julle voor ek probeer eers die punt? En dan die hawemuur of wat? Ek sal ander spots duik saam met locals maar ek en my broer, sal maar wegbly van die punt en kleinbrak!

Waar is romanbanke?

Is fransmanshoek veilig en goed om te duik?

Ek het gehoor van riwwe tussen Hartenbos en kleinbrak wat taamlik haaivry is in 3meter water maar weet nie of dit waar is nie?

Dankie nogmaals vir al julle inligting sover

As jy tussen Kleinbrak en Hartenbos gaan duik is daar geen "veilige" plek nie. Ek se ook nie dit is die gevaarlikste plek nie maar soos jy weet is die tandemanne nie vas geketang nie en swem hulle oral. So as jy twee mense is duik naby mekaar en always be on the lookout. Roman banke is as jy in mosselbaai by delphinos stop en dan stap jy links soos jy vir die see kyk. so 200 meter of so dan sien jy 'n baie stil baai daar.

As jy diep genoeg in gaan sal jy pragtige caves daar sien en vat altyd 'n mes saam want daar is ongelooflik baie rooiaas koppe en as jy 'n swak skoot skiet of in 'n cave in kan jy maklik vas sit... Moet ook nie paranoid raak oor die haie nie, ek dink al wat ons probeer se is om versigtig te wees en nie te ver van mekaar te duik nie. Die hele mosselbaai het wonderlike spots en produseer mooi vis! So geniet dit...
 
Bauermn

New member
Hi Ouens

Dankie vir die info, ek is seker ek gaan regkom volgende naweek , die info is darem net te goed! Ja ek het nog nooit 'n GW gesien terwyl ek spearfish nie maar hulle moes my al sien, so as mens 'n spot ken voel jy net meer gemaklik, daarom sal ek beneke en kleinbrak duik saam met locals, in Valsbaai moet mens maar ver van die land af en die viz is maar sleg in die somer in vergelyking met daar by julle, ek sien baie uit na my Mosselbaai trippie! Sal baie graag "n catface of yellowbelly wil kry!

Cheers
 
jeandepaiva

New member
Hi guys.I'm rather new to the whole ocean spearing. And spent a whole week last December without shooting any worth while fish. Are any of you going to be in the morsel bay aria over the festivities from the the 21 st of Decmember till January? I would greatly appreciate some advice and a dive buddy there?
 
Go fish

New member
Stapies wrote:
@Gustaf

Ja die vlak kant van die eiland is eintlik baie veilig. Ek dink die kans dat 'n haai gaan enter as jy skuil tussen die klippe aan diaz se kant van die eiland is ook baie skaars. Ek moet se ek stem in oor die punt. Ek dink dit is veiliger as kleinbrak en die baai as jy nuut duik in die area. Ek self het ook nog net jong raggies daar gesien en geen whites nie.

En ek het al selfs by inerpool tussen die surfers op groot leervis, Cracker, Galjoen, Red roman, en groot elwe af gekom. Marr ek vind dat jy werk baie hard daar vir jou vis en is nie altyd gelukkig nie. Maar ons moet 'n duik gaan insit een of ander tyd...

Pas julle B#ll#s in julle onderbroeke ? Ek sit nie my flippers in die water om Mosselbaai nie en veral nie die spots waar julle van praat nie !!

Moet se die area by die punt wat Gustav van praat klink goed, maar in die baai ...... nie ek nie !!
 
Herman Lourens

New member
Ek het 8 jaar daar in Mosselbaai se baai gewerk as 'n Scuba DM saam met Electrodive, asook as 'n commercial diver saam met die Polisie en rescue werk vir die NSRI. Dink mense oordryf bietjie as dit kom by Mosselbaai. Het ook daar groot geword en vis gevang daar saam met die sport en commercial manne.
 
JMBrits

New member
Hay Stapies.

Is j op die oomblik in Mosselbaai? En hu lyk die see vi die nawek. op wind guru lyk see baj mooi. Wil graag die naweek n duik maak dai in Mosselbaai.
 
Handre Luus

New member
Hi guys
The visibility is still bad after the last spring tide , any idea when some spearing can be done again ? Or are there spots with 5m+ visibility ?
 
DavdM6

New member
Howsit guys,

Any body with some local knowledge going diving this coming weekend and wouldn't mind a +1? The trigger finger has an itch that needs scratching!
 
DavdM6

New member
Im heading to Mossel Bay point at +- 1300 today if anyone feels like joining, give a shout on - 078 168 1413 if you keen :fswim
 
Top