Hi guys Has anyone ever fished that part of har

Naruto

Sealiner
Dam looks fine. We fished mainly for carp. Some guys tried for kurper, but without success. 2 weeks ago the fish came out nicely (so I heard).
 

Skuimkop

Sealiner
Voerplek maak verseker 'n verskil. Wat ons hengelaars vergeet of nie weet nie is dat die jonger babers in klein skole beweeg. Nou gooi ons altyd een stok uit vir baber en sit hom een kant neer en hoop vir 'n run. Nou tel een baber jou aas op maar daar is niks wat die res daar hou nie en die skool swem verder aan. Net soos met karp hengel moet jy try uitfigger watse tipe aas die babers op daai dag byt. Byt hulle op vrot of vars aas. Hoender lewer of hoender hard, dag ou kuikens of dop kuikens of platannas, viskoppe of vis fillets, erdwurms of muswurms, krieke of kakkerlakke ens ens. Ek sorg dat ek altyd of probeer nastenby al die verskillende aase saam vat water toe. Ek is gelukkig in die sin dat ek 'n klein kamp vrieskas het en my aase dus gevries kan hou tot ek hulle wil gebruik. Hier in die Kaap is daar even 'n dam waar jy die babers hard piets met sardines en dan is daar weer 'n ander dam waar jy hulle moor met gekookte eier. So wat ek sê is jy moet try uitfigger op wat hulle byt en jy vergemaklik dit vir jouself baie as jy hulle na jou area lok en daar kan hou.

My voer/chum bestaan gewoonlik uit stukke/ rempe rou vis (Karp), Supercast, vismeel, opgekerfde (in 'n blender) hoender lewer en/of hoenderharte, bloed, rou eiers met die dop en al . Afhangend van waar ek gaan vang en die beskikbaarheid van my aas meng ek opkerfde kuikens en/of sardines en/of opgesnyde erdwurms en/of hoender giblets in. Ek is besig om aan 'n voerhok vir die babers te werk maar het nog baie werk om te doen.

Ltb hengelaars laat 'n beeskop vir so paar dae vrot word en sak dit dan af (met 'n gewig) en daar is al groot sukses met dit behaal. Party gebryk weer 'n bees pens met gate in gesteek.
 
Top