Hi guys, Below is the report back from my mate,

frozensoulfly

New member
Hi guys,

Below is the report back from my mate, after fising mteri last week.

Just copied and pasted his mail below. I will add the photo's shortly

........

Tjom, besides die 4.8kg was dit nogal n moelike week gewees. Die dam is oor vol en die normale spots is onder water. Die goeie ding daarvan is die flooded grass en riete.

Toe ons daar kom woensdag oggend 7uur toe organize ons gou ons kamer en so 8uur spring ons op die boot en move reguit Palm bay toe. Ek het nie geweet waar om te begin nie, die hele dam het anders gelyk omdat dit so vol is. Ons het toe maar die bome begin pitch. Daar is orals sulke eilandjies met gras en stompe en Bobby het die eerste vis van so 1.2kg in die gras gekry op n texas rigged green pumpkin senko met blou en pers glitter. Ek het op die bome gebly en net na 10uur toe tel ek die 4.8kg op met n weightless watermelon seed senko, op n boom. Dit was awesome. Ek het reg teen die boom gepitch, aan die skaduwee kant, die senko laat sink en toe ek my stok optel toe voel ek haar, toe KAP! ek. Sy't nie regtig heavy geveg nie en was somer gou by die boot. Ons het haar geweeg, n pic gevat en haar weer mooi vrygelaat. Ons het toe weer elke boom gepitch maar niks gekry nie. 11uur toe gaan brunch ons gou sodat ons weer kon terug gaan palm bay toe. 12uur toe is ons weer terug op die spot, dit was f*kken warm, nie windtjie in die lug nie. Ons het op die bome gebly maar na so uur toe begin Bobby weer die vlak gras werk maar ons het niks verder gekry nie, weird??? Toe move ons na die tweede arm ander kant die lodge, an die lodge se kant van die dam, ek weet nie wat noem hulle die arm nie. Daar het ons weer die bome getarget maar niks gekry nie. Bobby kry toe n1.8kg weer in die gras op die selfde senko. Ek het toe maar tussen elke boom n cast in die gras gemaak en toe ook begin vis optel, niks massives nie, so tussen 1.2 en 1.8kg. Die laat middag, van 3uur tot 6uur was baie teleurstelend. Dit is gewoonlik jou beste tyd op mteri. Ons het nog n paar mediums gevang en so 6uur was ons terug by die lodge. Ons was F*cked gewees en was vroeg in die bed, net na aandete en so twee doppeJ 10 Bass vir die dagL

Donderdag was maar baie die selfde, Bobby het sy PB gebreek met n mooi 2.3kg, weer met n senko. My grootste was 1.9kg L 11 Bass vir die dag.

Vrydag oggend het ons in die rivier begin. Dit was nogal koel en bewolk gewees. Die wind het ook nogal gepomp. So 6:30 toe tel ek n 1.8kg op met n wit en chartreuse spinnerbait, ek het verby drie bome gegooi en dit reg verby die bome terug gebring en dis toe die oukie die spinnerbait gryp. Dit was n lekker byt en hy't lekker geveg. Bobby was ook op n spinnerbait en het nie lank na my n 1.2 opgetel.  Ons het maar tussen die senko's en die spinnerbaits gebly en n paar ander spot probeer maar niks massives gekry nie, tussen 1.2 en 2.1kg's. 11 Bass vir die dag.

Saterdag oggend was ons weer terug rivier toe en dit was weer bietjie koel en bewolk maar die wind was bietjie beter. Dis ons laaste dag en ons moet die groter vis probeer opspoor. Bobby het somer dadelik n 1.9kg opgetel, weer met n texas rigged senko in die gras. Nie lank daarna nie tel ek n 1.5kg op, met n spinnerbait. Die wind het gaan le en dit het begin ooptrek. Ons het met die bank afgewerk oppad terug lodge toe vir brunch toe pitch Bobby diep in die riete(Dis lang gras, maar lyk soos riete)in toe kap hy n awesome 3kg, weer sy PB. Ons het n m*erse party gehou, pic gevat en haar mooi vrygelaat. Bobby was op die foon met sy vrou en ek gooi toe in die selfde riete in, BAM!!! vas met n mooi vis, teminste n 2.5kg, maar toe wrap sy my op en toe breek sy my afL Ons is toe terug lodge toe vir brunch en om bietjie te relax. Dit was m*er warm en ons wou n goeie middag sessie insit. Ons besluit toe om bietjie babers te vang somer by die lodge. Lekker cooler box gepak, lekker onder die boom in die koelte gesit en somer ons bass rigs gebruik met bass fillet. Mandy, die manageress het ons ook kom join. Die lyne was nie 10min in nie toe loop hulle. Ons kon nie vir n minuut stil sit nie. Mandy het n mooi een gekry, ek sal se 10kg omtrent, haar amper in die dam ingetrekJ Dit was flippen awesome gewees.

2uur toe is ons weer uit, terug na die riete toe. Nog 7 gekry almal bo 2kg met die grootste 2.8kg.
So ja, dit was moelik maar flippen lekker
 

PaulProBass

New member
Howzit guys!!

 

Just thought I'd let you know that I'm moving up to Mteri next week for good!!

I'll be glad to give you all regular feed back as to what we doing and how good the fishing is!!

 

I'll be guiding and hosting front of house.

 

Pauli

 

 
 
Top