Hi Almal, Kan iemand asb vir my sê of mens nog '

Matilda

New member
Hi Almal,

Kan iemand asb vir my sê of mens nog 'n vislisensie nodig het as jy gaan visvang en waar om dit te kry. :fswim

 
 

DALMATION

New member
Ja jy het nog lisensie nodig en van die hengelwinkels verkoop dit teen koste van R 25. Kyk na al die vele "posts" wat onlangs op hierdie site gedoen is.
 

Skuimkop

Sealiner
Jy moet 'n hengel lisensie vir elke provinsie hê waar jy gaan hengel. Dus as jy in Guateng hengel en jy het 'n lisensie daar maar jy gaan in die Wes Kaap kom vakansie hou en bietjie hengel moet jy ook 'n lisensie vir die Wes Kaap koop.

Soos genoem sal die meeste groot hengel winkels lisensies hê en daar was nou onlangs (week of twee) 'n post wat iemand gesê het jou local Poskantoor verkoop nou varswater lisensies MAAR pasop ek het 'n sterk vermoede dit is 'n see lisensie want hulle het gesê dit is iets in die R70 en dat dit op 'n blou form is. En daai is volgens my see liksens. So as jy jou Poskantoor vra maak seker dit is vir varswater want hulle weet 90 % van die kere nie eens wat die verskil is nie.
 

Matilda

New member
Dankie vir die input.

Skuimkop, jy is reg het presies net dit uitgevind as mens hulle bel het hulle nie eers 'n idee wat aangaan nie.
 

Vleipadda

Senior Member
Skuimpie waar in die kaap koop jy 'n liksens by 'n hengel winkel ekt my gat af gesukkel laas jaar toe ek moes hernu en kon dit slegs by Cape Nature in Belville kry , die Rondebosch tak het glo getrek na athlone en kon daai tyd nie een verskaf nie
 

Skuimkop

Sealiner
Vleipadda ek koop dit by een van ons ex club lede wat 'n klein tackle shop het hier in tableview maar as jy wil hernu gee my net jou info (Naam,van,ID, kontak info en woonsdres) en ek kry een vir jou. Jy kan dan met my reg maak by een van ons komps. As jy haastig is kan ek dit even vr jou pos, so laat maar weet.
 

Vleipadda

Senior Member
Heel moontlik gaan die pos my eers volgende jaar die tyd bereik , ek ken darem nou al weer genoeg mense by natuurbewaring om my uit te help maar dankie skuim
 
Top