Het enigiemand inligting oor die oewer. Het die ar

Bottie

Member
Het enigiemand inligting oor die oewer. Het die artikel in Oewerhengelaar gelees, maar kry geen ander inligting daaroor nie.
 

Waldok

Senior Member
Ek het ook nog net eenkeer daar gehengel. Hy is reg oorkant draaifontein, so enige iets wat by draaifontein gewerk het, sal daar werk. Ek het nie goed gedoen daai dag toe ek daar was nie, omdat ek baie koud gekry het en in die water gepen was sonder n wader, toe gaan sit ek in die bakkie....LOL!! Maar ek dink dit is effens vlakkerig daar, so ek sal nie 60m hengel nie. Maar dit is my beperkte inligting wat ek omtrent daai plek het. GPS kords kan ek nie mee help nie, maar die afdraai is links amper oorkant Jim Fouche.
 

Bottie

Member
PI, ek het in my lewe nog net eenkeer in die Vaaldam gehengel. Dus sal enige inligting help. Klink my ons hengel daar met die Meesters in Nov.
 

PI

Senior Member
Ek was saam met Waldok daar daai dag, ek was regs op die oewer met redelik diep water. As oom dar gaan hengel in November sal dit n great oewer wees.

Definitief die grassies target op 40 - 60 mtr en dan die ander stok dieper hengel so tussen 80 en 100mtr

Ek is maar nog n beginner met komp hengel maar dit is n lekker stukkie water daai.

PI
 

Optimus

Member
Kan enige iemand my dalk help met kontak besonderhede van die oord bestuur. Telefoon nommers en/of epos adresse.
 

Enigma

Moderator
@ Optimus, skakel met SAVOF sekretaris hulle sal besonderhede hê want dit is een van hulle oorde vir kompetisie Meesters gaan roteer tussen daar, Gariep en Bloemhof.

@ Bottie die SAVOF Junior toer gaan in Oct daar wees so ons sal na die toer vir jou redelike info kan gee.

Wat ek wel weet is dat dit 5km reguit oewer is met 'n gedeelte het wat vinnig diep word en 'n gedeelte wat meer die algemene oewer patroon volg

Dit hengel goed en soos alle venues op die Vaal is 'n 110m kol maar die gewildste maar kan wissel. Ons het 'n pro-mania in Junie dar gehad en daar was ten spyte van die koue redelik vis

Algemene kombinasies vir Vaaldam werk mar goed (Jy kan KZN se benadering by Ruan kry)
 
Top