Ek het ook nog net eenkeer daar gehengel. Hy is reg oorkant draaifontein, so enige iets wat by draaifontein gewerk het, sal daar werk. Ek het nie goed gedoen daai dag toe ek daar was nie, omdat ek baie koud gekry het en in die water gepen was sonder n wader, toe gaan sit ek in die bakkie....LOL!! Maar ek dink dit is effens vlakkerig daar, so ek sal nie 60m hengel nie. Maar dit is my beperkte inligting wat ek omtrent daai plek het. GPS kords kan ek nie mee help nie, maar die afdraai is links amper oorkant Jim Fouche.