het enige iemand op die form 'n sponsor en wat spo

supa-m

New member
het enige iemand op die form 'n sponsor en wat sponsor hulle als vir jou en hoe het julle die sponsors gekry. asb deel met my want ek wil graag vir iemand hengel ek hengel klub maar ek wil net weet hoe om een te kry sodat ek vir myself mukpunte kan stel en soo aan asb deel met my
 

Enigma

Moderator
Ja daar is mense wat sponsors het in terme van gerei en of aas.

Om 'n sponsor te kry moet jy gereeld op nasionale vlak presteer en 'n top ambassedeur wees vir 'n brand.

Dit help nie jy doen aansoek vir 'n borgskap en jy bied niks aan of het geen volgers in terme van jou aktiwieteite.

Die Hengel\ bedryf is ook kleiner as wat jy sou verwag en dus is borgskappe hoofsaaklik beperk tot by voorbeeld 50% afslag op winkel prys, dis wat ons as Protea span by Shimano gekry het.

Van die verskaffers het 'n punte toekenning stelsel waar jy bv punte ontvang vir Klinieke aangebied, SA's in deelgeneem, Ligas Gewen asook berigte in koerante en hengel tydskrifte. Die doen jy op jou eie en indien jy noe die jaar jou punte by bring nie dan geen verdere borgskappe.

Met Pro-Mania is borge in die bedryf ook genader maar eksterne en korperatiewe borge maak meer sin aangesien daar geld en of voertuie as voorbeeld beskikbaar is.

Maar soos bo vermeld jy sal slegs in aanmerking kom indien jy 'n meningsvormer is of uitblink en keer op keer vir die REGTE redes in die kol lig is.

Sekere up and comming aas firmas bied aas en dip borge aan maar dis dan R100 se borg vir 'n trip wat jou R1000 kos op petrol en toegang nie te praat van oornag, etes ens ens.
 

supa-m

New member
ok dankie nou weet ek waarna om te mik en ek wil net se R100 rand is R100 rand dit is dan R100 wat jy nie hoef uit te haal nie en dit is nie al nie net om daai hemp of wat van hulle te dra is genoeg net om te weet jy het iets gedoen en jy het presteer is genoeg vir my
 

PI

Senior Member
Ek stem saam met Enigma. Dit is maar baie moelik om ge-notice te word. My current sponsor help darem baie aangesien Michael my met R2000 se voer en dips sponsor per jaar. Hy betaal ook alle hekgelde so eintlik kos dit my net die terminal tackle en petrol. Daar is natuurlik sekere voorwaardes met elke sponsor saamgaan.
Die Pro Mania het ook die spotlight op die borge en hengelaar gesit en sover gaan dit baie goed met die kompetisies.

PI
 
Top