heroldsbay kayak fishing

KAROOLS123

New member
Hoezit ouens en vrouens

Ek was vroeer vandag by heroldsbaai en die water lyk heel rustig vir n launch.
Iemand al daar gaan vang? Neem aan die rif kannie te diep le' nie ek ek persoonlik het al baie klein kabeljoutjies van so 8kg van die strand gekry so ek neem aan n ou kan pret agter die branders he'?

Sal graag n groep trip wil doen meskien wilderness vir die ouens wat belangstel.

Groete!
 

drkobus

Senior Member
Ek het baie daar geswem as kind. Die water kan baie rof word daar en met die gety reg is daar baie swaar strome. Maak goed seker van jou veiligheids toerusting as jy daar uitgaan.
 
Wees baie versigtig en maak seker jou ervaring is op 'n baie hoe vlak voor jy die een wil aan pak. Die strome is oral oor en veroorsaak die water om soos 'n wasmajien te raak tussen hulle. Ek het nog nie een keer die water daar gesien wat my laat voel het 'n kayak is 'n great idee nie.

My opinie, nie die regte plek nie.

Net my 5 sent.:fbash
 
Top