Hermanus/Strand

boeta brown

Sealiner
Hoe lykit manne en vroue! Os beplan om d naweek biki Hermanus/Strand se kant tu te gaan. Dit sal my 1ste keer wees en ek soek biki tips. So enigeen wat my kan help is meer as welkom!:fishn
 

Bending Rod

New member
boeta brown wrote:
Nie eens 1 ou tip nie?^^..
:welcomesea:Ou boeta brown... probeer maar verstaan. Dis nie dat die manne nie tips wil deel nie, net dat hierdie spesifieke vraag al deur gevra is. Hermanus is 'n taai stukkie kus om mee te deal.

Ek sal voorstel jy doen 'n search (bo aan blasy). Jy sal posts kry oor hermanus / strand en so.

Sterkte!
 

traser

New member
Boeta, welkom in ons geweste hierdie naweek. Hoop jou trippie is baie suksesvol. Hier is vir jou 'n tip. As jy die kus tussen Gordonsbaai en Rooi-Els nie baie goed ken nie bly liewer hierdie naweek daar weg of gaan met 'n betroubare gids. Die water lyk of dit lelik kan raak. Daar is goeie redes vir al daai kruise op die klippe.

Stywe lyne.

traser
 
Top