Hentiesbaai 2015

puntjie 1

New member
Wil sommer by die slim manne wat weet hoor hoe die vis byt daar bo op die oomblik en hoe wat die voorspellings is vir einde Januarie vroeg Februarie.
 
K@llie

Member
Ek weet nie hoe die vangste tans is nie, maar wees verseker dat Januarie en Februarie gewoonlik uitstekende hengel maande is. Kontak Simen nader aan die tyd, hy sal vir jou kan se of die vis byt of nie.
 
Jr71

Senior Member
Net nog 4 weke Dan Staan Ek in henties
Jan nie meer wag nie 9De Feb vis ek
What an experience lovely place with
Lovely people c u soon SKUBBE BAR
(ni(ce(fish)((ni(ce(fish)((ni(ce(fish)(
::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:
;)_seal1_;)
 
puntjie 1

New member
Dankie vir die verwelkoming. Ons gaan mekaar ongelukkig mis want ek ry die 9de terug. Sal daar wees vanaf 26ste jan tot 9de feb. Stywe lyne vir julle.
 
Hage`s

New member
Het pas terug gekom van Swakop.Het gehengel tussen Swakop en Henties tot ver Suid van Walvis maar dit was baie stil.Daar was baie swael in die water maar Des is tradisioneel maar nie die bestel tyd.Behoort op te tel na einde Jan en Feb.Geniet dit.Ek sal weer Junie daar wees.Groete
 
Jr71

Senior Member
puntjie 1 wrote:
Dankie vir die verwelkoming. Ons gaan mekaar ongelukkig mis want ek ry die 9de terug. Sal daar wees vanaf 26ste jan tot 9de feb. Stywe lyne vir julle.

Hou my maar op hoogte Van sake
Sal great wees as n paar mane
Van daai geweste kan saam Gesels
En :welcomesea:aan die kerel wat June gaan
 
Koper

Senior Member
Yes Julle

Ons datum is voorlopig vir vroeg Maart, ek's maar 'n cheapskate, so aangesien die invoerpermitte nou 'n jaar geldig is, reel ek die datums so sodat ons dit weer volgende jaar Februarie weer kan gebruik.

'n Klomp van my maters gaan middel Februarie.

Kom ons hou duim vas dat die brandstof ook nog mooi gaan saamwerk die volgende paar maande!

Sien julle daar.
 
Jr71

Senior Member
Koper wrote:

Koper ek is daar van die 9De tot die 21ste met n wit en silver
Hilux bakkies CA registrasie wat ry jou pele dan kan ek miskien
Gaan blad skid en hello se
;)
 
Koper

Senior Member
HenkSmit wrote:
Die Manne van Elsenburg mag maar gaan visvang in Henties
Trots,,,

Henk, al 3 van ons pakkie se manne kom van Graafwater omgewing, ons sal julle Elsenburg manne gou leer Henties gallies vang...

@JR71, ek dink die res van my pelle ry rondom die 21ste.

Sal later bevestig met jou
 
Koper 2013 het ons ons eie vleis (lamb en hoender)
Van die kaap saam gebring sien dat jy van SA.
Is wat sal jy aanbeveel is die beste kwaliteit en prays
Moet ons dit saam neem of daar Koop?
Enjoy wat is hul prys per kilo en waar kan ek koop
Ons kan net op n sondag inkopies doen want
Maandag wil ons 400 ry om te vis alle help in die verband is welkom
O en ek weet dat ons ons eie drinkwater moet he
Of anders is daar maagriep

:?
 
Simen

Sealiner
julle sal moet ry, die eerste kabeljou het klaar sy verskyning by paaltjies gemaak, Noord van Kaap Kruis is ook mooi vangste gemaak

Manne maak plan met julle eie sardien, hier is huidiglik niks in Namibia.
 
Top