Henties visvang

AB777

New member
Hallo almal,

Ons vertrek die 5de Maart na Henties waar ons 3 dae ook in Terrace baai gaan hengel. Was enige iemand onlangs in Henties of Terrace?

Ek het die naweek met iemand gepraat wat 'n week terug daar was. Volgens hom het hulle nie te goed gedoen nie en kla oor die water wat te warm was.

Is daar enige waarheid hieraan?
 

visvang1

New member
Die water was warm maar die weer is besig om te verander. Die afgelope 2 weke het die vis 'n bars hou gebyt noord van Henties.

Ek dink die tyd wanneer julle Terrace toe gaan sal reg wees. Daar moet jy maar rond soek. Soms is die Steenbras en Kabeljou skaars dan moet 'n mens maar Galla's vang _seal1_

Voorspoed
 
Top