peps
New member
Dagse manne en manninne,
Ek gaan nou al vir die laaste 15jaar elke jaar Hentiesbaai toe vir so tien dae hengel op n slag. Die laaste 4jaar het dit nou nie so goed gegaan soos voorheen nie. Ons gaan gewoontlik in Januarie en soms in Maart. Die meeste ouens kla maar oor die suksese wat behaal word. Hierdie jaar, in Januarie, was daar verskriklik bie robbe by veral Maketo's turn en Canopy. Ek praat van honderde van die goed. Is daar ewe skielik n rob oormaat? Dit is die eerste keer dat ons hulle in so n oormaat sien. Dit het gelyk soos n enorme skool dolfyne. Ek weet die natuur sal self die balans regkry, maar is daar miskien iemand wat dieselfde ding oplet? Ons het al ons vis by Angola klip, Lighter en Winston gekry.
Tweedens, ons beplan om meer in die nag te hengel. Ons verwag die robbe is dan in die bed en die vis sal miskien meer vrylik rond beweeg. Is daar manne wat dit probeer het?
Wat se die kenners.