Ek verstaan wat jy bedoel, die enigste ander veilige plek waarvan ek weet is ook by Roodeplaat dam, maar op die heel ander kant oorkant Sable hills, die plek se naam is Dinokeng Waterfront Estates, alhoewel dit glad nie 'n estate is nie, hulle het skoon kleedkamers, onlangs 'n swembad gebou en werk nog aan so paar ander goedjies, dit is net nie die moeite werd om daar uit te roei nie aangesien jy amper kan cast tot by die verste moontlike plek. Daar is ook kragpunte.
Daar geld alles maar soos by Hengelaarsvriend wat aas en goed betref.
Laat weet maar hoe dit gegaan het.