Hi daar.
Ek hoor jy is nuut in die bedryf van jetski fishing.Wel eerstens baie welkom in ons bedryf ek glo jy gaan dit verskriklik geniet.Eerstens sal ek jou aanbeveel om nie alleen die see aan te durf nie tensy jy al n ervare skipper is,mens wil nie daar binne moeilikheid optel nie.Dan sal ek se jy moet probeer goeie GPS punte in die hande kry sodat jy weet waar die riwwe le en nie jou tyd mors om te vis waar die vis nie is nie,ek glo die locals sal jou dalk met n paar punte kan help.jy kan ook op die internet en op sealine die ouens vra vir punte.Maak seker jy kry jou launvhing permit en jou hengel lisensie sommer daar op die strand.Vra net rond daar hulle sal jou kan help.
Wat die hengel aanbetref dink ek persoonlik jy moet geelvin tuna,bonnies en cuta target omdat dit maklikker is om hulle te vang as wahoo.kyk na jou 160 halcos(wit met rooi koppe,pers en pienk kleure)jy kan hulle lekker vinnig (15-20km/p/h troll.Kry die halcos wat net 2meter duik.Kyk na diamond jet vere wat jy kan sleep vir tuna dorris en wahoo.Koop vir jou 2 softie conas pers werk perfek vir seilies,daars baie op die oomblik.Vir cutas kan jy n paar cuta traces koop en baitrunners met swaarder sinkers wat lekker diep kan loop.Hulle troll jy baie stadig,die jetski moet net iddle. Verder maak seker jou stokke word goed in die rodholders vasgemaak,jy wil nie he jou stok moet ewe skielik net verdwyn nie.
STYWE LYNE