Help with reading the surf...

Katot

Sealiner
Links met jou rug na die parkering toe. Krakers bedoel ek mosselkrakers, hehehe nie reg vir kunsaas nie....maar die spot het baie. Die gulley of sloep is altyd teen die kranse waar die strand bymekaar kom....dis net die afstand vanaf die kant wat wissel. Nog goeie spots is die 2 groot klippe wat so half in die see staan. Hulle is ook aan die linkerkant net voor jy die strand kry. Ek vang gewoonlik op laagwater op die klippe, as die see nie omgekrap is nie dan kan mens gewoonlik op die hoog ook op hul staan. Kyk maar of die formasie reg is voor die klippe, dit is soms te vlak.
 
Top