Hello mede sealiners... Ek is nou weer terug in di

Stapies

Sealiner
Hello mede sealiners... Ek is nou weer terug in die Kalaharie waar ek werk vir 3 weke van elke maand. Ek was gelukkig genoeg om die keer twee weke af te he en bietjie tyd langs die water in te werk! Ek dink van al my hengel tye was die definitief seker twee weke van my genotsaamste hengel sessies!

Dit het begin toe ek Saterdag die 21ste huiswaards verkeer. Dit was 'n lang nare pad! Maar ek het geweet sondag kan ek bietjie gaan hengel en my nuwe Kayak kry! :kaykak En ek dinkmet al die excitement het die pad nog 1000 km verder gevoel.lol

Sondag oggend was ek vroeg op en het ek my pad causeway toe gemaak... Ek het daar so 5 leervissies gevang maar het toe nie my kamera by my gehad nie. Niks groter as 45 cm nie en almal weer moooi en veilig release. Ek het hulle almal op die palapala wit en pink glow worms gevang.

Na die uur en 'n half se hengel was ek in die kar en wou ek my kayak optel. Toe ek daar kom besef ek die kayak pas nie in die Toyota 2.7 vvti nie. Nie eers met die klap oop nie. Oops! Allan was darm gaaf en het hom toe vir my gebring. En ons het toe sommer 'n paar prawns getrek en ek het my kayak gaan toets in die rivier... Die wind was haaglik maar die excitement het my water toe gejaag! Ons het gedrift en net paar klein vissies gekry en ek het twee groot grunters verloor. Dit weens 'n sirkel hoek as ek met prawns vang!(Nooit weer nie, die sirkels kan maar op die winkelrakke roes!)

Die res van die week was dit ek en die leervisse in die rivier. Ek het maandag oggend weer causeway toe gegaan en die water was so glad soos 'n spieel met chases en aktiwiteit van die leervis... Ek het my nuwe lepel opgesit en met hom gegooi! Ek het toe 4 leervis en 'n klein kingfish(pompano) gevang. Ek het nie fotos van die kingi nie want my beter halfte het in die kar gaan sit met my kamera... Hier is ' pic van 'n leerie en ek ganie 4 post wat klein is nie...
 

Attachments

  • IMG00527-20120423-0851.jpg
    IMG00527-20120423-0851.jpg
    54.7 KB · Views: 1,119

Stapies

Sealiner
Toe moes ek maar bietjie aandag aan my beter halfte gee. Ek het toe met my vriend gereel en ons was bietjie op sy boot op die rivier uit. Ons het gaan anker op 'n merkie wat ons al goeie vangste gehad get. Die spesies was baie gemeng!

Ek het elwe en kolsterte en grunters en een M0er$e krap gevang! Ek het 'n paar pics en ek moet se die weer was haaglik! :raine

Hier is paar pics...
 

Attachments

  • IMG00530-20120424-1611.jpg
    IMG00530-20120424-1611.jpg
    18 KB · Views: 1,103

Stapies

Sealiner
Ek het toe myself maar besig gehou met die leeries vang vir die res van die week en die weer na die naweek toe het begin mooi raak... Hier is 'n pic van nog 'n leerie
 

Attachments

  • IMG00534-20120425-1223.jpg
    IMG00534-20120425-1223.jpg
    38 KB · Views: 1,102

Stapies

Sealiner
Die naweek kon ek en allan nie vinnig genoeg die Kayaks op die see kry nie! Ons was uit van die yacht club af en toe beweeg ons om die punt. Ons het dadelik die kunsaas uitgesit en al die pad gertol. Ek was bang die roofvis is al weg om die punt. Maar nodeloos om te se, toe ons vas maak toe maak ons goed vas! Ek het my kwota vis vol gemaak met bonitos en groot makriele en allan het self'n groot bottervis gekry op die bottoms! Hy het saam dit nog 6 bonitos ook geroer. Well done... Die pad terug was maar seer op die arms en Allan het gedink dis baie snaaks toe ek se stop dat ek eers 'n asempie skep, en dit na ek al seker 15 km geroei het.

Die volgende oggend het ek weer saam allan gegaan. Die bonnies het heeltyd double takes gegee en ons het onder die vis baljaar... Ek het weer my kwota vol gevang op die bonitos en Allan syne met 'n groot roman en weer 'n groot bottervis. Jammer julle maar ek het nie fotos geneem nie. Maar ek het baie getuies...

My foon lui toe ook die aand en ek moes toe gou vir Andre gaan afneem met 'n gruntertjie wat hy opgetel het van sy boot af... Hier is die pic van sy vis...
 

Attachments

  • DSCF2469.JPG
    DSCF2469.JPG
    11.7 KB · Views: 1,085

Stapies

Sealiner
Ek en Andre het toe 'n date gemaak om die donerdag 'n lyn in te gaan sit met bonito vir aas. Ons was op die saal in fransmanshoek en die weer was goed. Die wind was van agter en het ons nie gepla. EK en andre het ons stokke opgemaak met ligte gerei. .08 wind on leader en ons het net 'n kort stukkie 150lb staal en 'n rol 90lb staal gehad.

Ek het saam andre geslide en 5min na ek my stok stel toe begin hy wip... Vas!!!! 'n Bronzie van so 30 kg en toe swem hy onder sie rotsbank by die saal in en da sit hy tot ek maar uit mismoede my lyn laat klap!!! Gone!

Toe is andre vas. Bronzie van seke 2kg op 'n bonie kop en 'n 10/0 hoek! Baie funnie.

Ek het met die slag wat die lyn breek my ogie seer gemak en my ander stok uitgehal. Nuwe lyn op my daiwa grandwave 50 gesit. 16kg lyn, .08 leader en 90lb staal. Toe slide ek weer met 'n boniekop... Nie 3 min nie toe weer vas!!! Dit was die weirdste haai wat ek nog gehak het. eers voel hy so klein ek wou vir my dame die stok gee, toe draai die ou met my en toe voel ek hy het bietjie gewig in sy gat... 1uur , mmm hy hang nog daar agter met my... 1.5 uur hy kom stadig nader, 2ure en toe is hy naby. Maar net naby genoeg om hom sy figuur te sien. Groot en baie ook. Maar te diep om uit te ken wat dit is.

Nie 5min toe groet die staal... Ai en daar gaan die vis wat my pb sou wees. Ai!

Andre was daarna nog twee keer afgebyt net bo sy staal op die leader en ek het toe nog 'n klein bronzie gekry. Hier is die pic...
 

Attachments

  • IMG00541-20120503-1328.jpg
    IMG00541-20120503-1328.jpg
    53.5 KB · Views: 1,090

Stapies

Sealiner
Ek was toe die volgende dag Knysna toe om nog kunsaas te gaan koop en toe kry ek 'n sms met 'n foto... Well done Andre! Hier is die pic
 

Attachments

  • IMG-20120506-WA000.jpg
    IMG-20120506-WA000.jpg
    49.6 KB · Views: 1,089

Stapies

Sealiner
Ek kry toe die wilde vis hories en ek ry op pad terug en stop in sedgefield. Ek het bie die mond gaan gooi maar die gras was baie lastig. Ek het toe 1 leervis van so 60 cm gekry en een meneer van 'n vis het my dropshot gegryp maar die hoek het nie geset nie. My pel van Wildernis join my op daardie stadium en hak toe 'n grunter op die palapala white glow worm...

Die ou het amper 'n hartaanval gehad toe hy sien wat dit is en op een of ander manier het hy die vis verloor teen die kant.

Jammer Dat ek nie pics het van al die goed nie maar my Go Pro is opad en dan sal julle fotos van AL die visse kry!
 

Stapies

Sealiner
Hierdie grunter wat Andre gevang het het een baie snaakse knop in sy lyf gehad. Die vis was ook die volgende aand gebraai maar na hy gefillit is kon ons niks in die knop kry nie. Dit het verdwyn... Die knop was diesele aan altwee kante van sy lyf. Ek post nog 'n pic. Kan iemand my dalk se wat dit is?
 

Attachments

  • DSCF2460.JPG
    DSCF2460.JPG
    20.3 KB · Views: 1,053

janna

Member
Lekke storie Stapies!!! Lyk my jy weet waar om te gaan hengel.
Jy het nie dalk 'n ou met 'n aqua quad daar by die Punt rond gewaar nie?
Sal jou kontak waneer ek weer daar onder is.
 

Stapies

Sealiner
janna wrote:
Lekke storie Stapies!!! Lyk my jy weet waar om te gaan hengel.
Jy het nie dalk 'n ou met 'n aqua quad daar by die Punt rond gewaar nie?
Sal jou kontak waneer ek weer daar onder is.

Ek het ja... Bie die punt toe ek opad uit is met die kayak. Dit was naby inirpool. Net voor ek my 1ste attempt gehad het om my blaas op die water te drain...lol
 

jeanmatt

New member
Nice One Stapies...

Must say those Bonnies you gave me were *** (edited Admin JPS) Lekker china!!! Braai'd one, made fish cakes out of the other one and pan seared the third... well worth it!

Great report, as jy trug is gan ons uit op daai kayaks da ini klein brak...

PS: Julle manne moan altyd daar is nie genoeg goeie en insightful reports op die site nie, hier is nou een en die ou het baie moeite gedoen mar hier is mar net soos 2 replies WTF boys????
 

JVenter

New member
NICE REPORT STAPIES , dis altyd lekke  as jy die gate ken . ek gaan jou bel as ek weer in daai area is dan sal jy beslis vir my n gat of 2 moet gaan wys
 

Enigma

Moderator
Lekker all round fishing

0.80mm leade on sliding of the Saal is a bit light especially at the end of the fight.

The little "Bronzie" is a Vaalhaai or Tope

Lekker Kob and Grunter on the light tackle.

Thanks for sharing
 

Stapies

Sealiner
Inky Squid wrote:
Waar het Andre daai cobbie gevang?

Dit was in gourits gevang... Hy het uitgeslag 7.3 geweeg so dit was 'n mooi vis. Ek moet se daardie rivier het awsum vis! Kyk gou na die kabeljou wat Oom Fanie daar gehengel het! "n Rapala en ligte tackle! Awsum vis... Ek is 1.7m lank...
 

Attachments

  • DSCF1616.JPG
    DSCF1616.JPG
    64.8 KB · Views: 900
Top