Hasie en mampoer
Da' bo innie Bosveld stap hasie eendag so deurie gras en kom oppe
borrel mampoer af wat innie son gelê het.
Hy vat 'n paar slukke, ma' die witblits skop hom so lat hy net daar uitpaas.
Jakkals kom verby, sien vir hasie ennie bottel, dog toe hy sal ook so
sluk vat voor hy vir hasie eet, maar die warm mampoer kap hom ook om.
So lê die twee nou daar toe hiëna verby kom. Hy kon sy geluk nie glo
nie en drink ook an die bottel. Selle storie – slaat daar neer, uitgepaas.
Leeu kom toe op ie storie af, besluit hy eet nie aan jakkalse en
hiënas nie, en daarby is die haas te klein om eers oor te worrie. Hy
vat toe ma 'n paar groot slukke en kort voor lank slaat hy ook neer.
Met dié begin hasie roer, kom regop met 'n hewige hoofpyn.
Hy skud sy kop, trek sy ore reg en kyk so om hom.
Toe sien hy hoe lê leeu, jakkals en hiëna uitgepaas om hom.
Hy mompel:
'Smaak my ek raak mos aggressief as ek gesuip is!'